Sirkel:  Weskus

Tak:  Porterville

Portefeulje:  Leefstyl

Beriggewer:  Louwna Hoving, [email protected]

Datum:  1 Junie 2017

 

 

VLV PORTERVILLE:  BASIESE TOERUSTING VIR NAALDWERKSTERS OM TE MEET, SPELD, SNY EN MERK 

 

  • MEETAPPARAAT
    • Goeie maatband, 150 cm of met cm afmetings een kant en duimmate anderkant en ‘n gaatjie met metaalpunt op einde om ‘n speldjie in te steek dat band styfgetrek kan word.
    • Meetstokkie (sewing gauge) wat goed gekalibreer is.
    • Uittrek meetband (expanding sewing gauge) om knoopsgate eweredig af te merk.
    • Liniale, 30 cm en met rondings vir gebruik vir kwiltwerk.  Goeie handelsmerke is baie belangrik.

 

  • SPELDTOERUSTING
    • Koppiespelde (dressmakers pins) – lengte en diktes verskil, met of sonder glaskoppies.  Kwaliteitspelde glip en gly gemaklik deur tekstielstowwe.
    • Balpuntspelde word vir breistowwe, bv. viscose gebruik.
    • Kant, sy en mikrovesel spelde word vir kant- en syagtige stowwe gebruik.
    • Kwiltspelde, reguit en gekrom.  Dis ‘n lang en gekromde speld wat toegeknip kan word.
    • Wonderknippies is plat onder en rond – word gebruik vir kunsnaaldwerk en omboorsels.
    • Tydelike sproeigom – spuit en plak tekstielstof tot klaar gestik.
    • Gompen – om stikwerk te vergemaklik.
    • Smeltbare band (Fusable tape) vergemaklik die vasstik van skuinsband.
    • Blomkop handvlyt spelde word gebruik wanneer handvlytartikels gemaak word.

 

  • SNYTOERUSTING

‘n Goeie skêr is baie belangrik en mag vir niks anders gebruik word as naaldwerkknipwerk nie.  ‘n Skêr moet versigtig gebêre word om die lem te beskerm.  ‘n Skêr wat geslyp is, is net nie dieselfde nie!  Die skroef kan ook ge-olie word.

    • Kleremakerskêr (25 cm) – knip lang, egalige hale.
    • Nuttige skêr (21 cm) – universeel en handvatsels opgelig aan agterkant vir goeie greep.
    • Gradeerskêr (16,5 cm) –  handvatsel het 2 ronde ogies en is kort om maklik vas te hou, vir fyn knipwerk en lagies uitknip.
    • Borduurskêr (13 cm) – die plat een is geskik vir handborduur en die gekromde een vir masjienborduur.
    • Appliekskêr – die een lem het ‘n vlerkie op die skêr om te help dat die onderste lap nie raakgeknip word nie.
    • Draadknipper – nie gewone skêr nie.  Dis ‘n knipper van plastiek met metaalpunte om draadjies te knip en word goed gebruik om naaimasjien van krapmerke te vrywaar.  Dit word gebruik om kort draadjies te knip.
    • Knoopsgatskêr of kaplem met houtblokkie – dit word gebruik om knoopsgate te knip of sny.  Moet nooit ‘n torringmessie gebruik nie.  Dit skeur die knoopsgat oop en is nie netjies nie.
    • Rotasiesnyers, snybord en liniale – dit vergemaklik die snywerk omdat dit maklik reguit sny met behulp van ‘n liniaal.  Verskeie lengtes is beskikbaar (60, 45, 28) en die lemme moet gereeld vervang word.  Die snyborde moet ook gereeld vervang word en vry van stof gehou word.  Daar word altyd weg van die liggaam gesny.

 

  • MERKHULPMIDDELS

Konstruksie is baie belangrik en verskil op verskillende tekstielstowwe en diktes daarvan.  Alle merkapparaat is nie op alle tekstielstowwe geskik nie en moet vooraf getoets word. Sommige was of vee net af.  Moet nooit op merkers stryk nie.

  • Uitveebare merkpenne met hervulbare loodpunte.
  • Chacoliners – poeier kom soos penpunt uit om ‘n baie dun lyntjie te maak.
  • Kleremakerskryt – verouderd, breek maklik en mors.
  • Kleremakerspotlode – die handelsmerk hiervan is baie belangrik.
  • Lug en water uitveebare vloeistofpenne (Air & water erasable liquid pens) – let op na penpuntdiktes. Die viltpunt moet na ondertoe gebêre word en die doppie moet dadelik teruggesit word na gebruik.
  • Kleremakers deurslagpapier en aftrekwieletjie – maak seker dat merke nie sigbaar is na artikel voltooi is nie.
  • Water uitveër (Aqua eraser) – dit is ‘n uitveërpen met hervulbare stokkies.

 

  • ALGEMEEN
  • Betroubare handelsmerke is baie belangrik vir goeie eindprodukte:

Vir “habby”:  Clover (nr. 1);  Prym, Sewline, Collins, Dritz of EZ.  Nooit No Name-produkte nie.

Skêre:  Germany (nr. 1);  Italy of Japan.  Nooit China-produkte.

 

 

 A sewer doesn’t need therapy, she only needs to spend some time being creative in her sewing room.

 

 

 

 

 

 

 

Hanlie Snyman, Bernina Paarl, aanbieder van Basiese Toerustingpraatjie.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 Uitstalling van basiese naaldwerktoerusting

 

HOE BEPAAL JY DIE REGTE BRA-GROOTTE

  • Maak seker dat die band rondom die lyf ferm en gerieflik is.
  • Die gewig van die borste moet deur die vorm van die bra ondersteun word en nie deur die skouerbande nie.
  • Verstel die bande voordat ‘n bra aangepas word.
  • Wanneer borste aan die bokant of langsaan uitstaan, is die koppiegrootte van die bra te klein.
  • ‘n Los verlengstukkie met hakies kan gebruik word om die band rondom aan te pas as dit te nou is.
  • Wanneer die bra op die rugkant hoër opskuif as die res van die lyf is die band rondom die lyf te groot.
  • Verskillende tipe bra’s word ook vertoon.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Mary-Ann van Schalkwyk demonstreer die verskillende tipe bra’s op die mark.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

WIE’T GESê VLV IS BESIG OM AGTERUIT TE GAAN?

VLV Porterville het sedert November 2016 nog by elke vergadering nuwe lede bygevoeg, ‘n totaal van 24 so ver hierdie jaar en ons skuif elke keer ons mikpunt met 10 op!

 

Nuwe lede aangesluit:  Martel Fourie, Joey Bothma, Gina de Beer, Spokie Smith, Mary-Ann van Schalkwyk (voorsitter), Henriette Stofberg, Marelize Stofberg, Elmarie Lamprecht, Maureen Visser.