Sirkel: Noordwes-Kaap

Tak: Prieska

Portefeulje: Gesondheid

Beriggewer: Erika Lubbe

Vergaderingdatum: 8 Maart 2017

 

Spreker, Anél Liebenberg, praat oor die medisinale voordele van Rooibos.

 

Suid-Afrika is een van die lande met die meeste gevalle van velkanker per jaar, naamlik 20 000 gerapporteerde gevalle, waarvan 700 noodlottig is. Ongeveer 80% velskade deur die son veroorsaak, vind voor die ouderdom van 18 jaar plaas.

 

Vir die afgelope 11 jaar is wetenskaplikes van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad en die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie betrokke by die navorsing van die beskerming wat Rooibos bied teen inflammasie in velselle, omdat kroniese inflammasie een van die kenmerke van die vroeë stadiums van die ontwikkeling van velkanker is.

 

Professor Wentzel Gelderblom, een van die leiernavorsers op hierdie gebied, beweer dat Rooibos-ekstrak die vermoë besit om voorkanker beskadigde selle te verwyder, om die begin van inflammasie te blok indien die vel aan die son se ultraviolet strale blootgestel was, en om die vermeerdering van kankerselle te stop.

 

Die oorvloed oksidante wat in Rooibos aangetref word gee herstellende/vernuwende krag.

 

Voorlopige bevindings toon dat Rooibos-ekstrakte meer effektief is gedurende die vroeë stadiums van die ontwikkeling van velkanker omdat dit in staat is om die verwydering van UVM-beskadigde selle te fasiliteer en sodoende hul vordering te vertraag in ‘n gewas.

 

Belangrik om te onthou:

  • Vermy die son tussen 11:00 en 15:00 wanneer dit op sy warmste is.
  • Smeer ’n sonskerm met ’n sonbeskermingsfaktor (SPF) van ten minste 15 aan.
  • Dra ’n wyerandhoed wat die gesig, nek en ore bedek.
  • Maak gebruik van beskikbare skaduwees onder bome, sambrele en tente.
  • Dra ’n sonbril om jou oë te beskerm.
  • Neem gedurende warm dae genoeg van die regte soort vloeistowwe in om dehidrasie (ontwatering) te voorkom. Dehidrasie lei tot moegheid, duiseligheid en hoofpyne.

 

Anel Liebenberg, ‘n lid; Igna Cilliers, besoeker; Bets du Pisanie, spreker.

 

Irene Coetzee, VLV Prieska Landbou en Tuinbousaamroeper, demonstreer die maak van papierblomme wat baie byval gevind het by die lede.

Landbou en Tuinbousaamroeper VLV Prieska, Irene Coetzee, demonstreer die
maak van papierblomme