Sirkel Noordwes-Kaap

Tak: Prieska

Portefeulje: Landbou en Tuinbou

Beriggewer: Erika Lubbe

Vergaderingdatum: 8 Maart 2017

 

Spreker, Bets du Pisanie, gesels baie interessant oor aalwyne. Die aalwyn (Aloe) is ‘n eensaadlobbige vetplant. Daar is meer as 450 aalwynspesies wat oor Afrika en nabygeleë eilande, soos Madagaskar, versprei is. Sommige spesies word ook op die Arabiese Skiereiland en eilande in die Atlantiese Oseaan aangetref. Hierdie plant word ook in rotstekeninge van die San aangetref.

 

Aalwyne het groot, dik, blare met ’n wasagtige tekstuur wat wissel in kleur van grys tot heldergroen. Die blare is goed aangepas vir die dorre klimaat waarin aalwyne aangetref word. Die buisagtige blomme van die aalwyn is klein, geel, oranje of rooi en groei in digte bloeiwyses.

 

Buiten die gebruik van aalwyne as dekoratiewe plante, word die plant ook gebruik vir die geneeskragtige eienskappe wat daaraan toegeskryf word. Die Egiptiese Ebers-Papirus – ongeveer 1552 v.C. – verwys na die aalwyn se medisinale eienskappe en die gebruik daarvan in die balsem van lyke. Die heilsaamheid van ’n aalwynblaar is dus reeds deur die eeue bekend en gevolglik het ons voorgeslagte die aalwynblaar as ’n volledige apteek beskou.

 

In Suid-Afrika word veral die sap van die bitteraalwyn (Aloe Ferox) getap in die omgewing van Herbetsdale, Albertinia en Mosselbaai. Die plant se groen blare word stomp afgesny en in ‘n kring om ‘n gat opmekaar gestapel sodat die sap in ‘n houer in die gat kan drup. Die druk van die swaar blare opmekaar is genoeg om die sap uit te pers. Die versamelde sap word dan verhit en geroer tot dit styf en dik is. Dit word dan uitgegiet en verhard waarna dit gereed is om te verwerk. Dié metode waarop die Kaapse aalwyn, Aloe Ferox, in bogenoemde 3 omgewings geoes word, word na 200 jaar nog steeds gebruik.

 

Bets vertoon ook ‘n baie bekostigbare skoonheidsproduk, Aloe Ferox, wat van die sap van die aalwynblare gemaak word. Aloe Ferox het vel-, lyf-, baba-, dier- en haarsorgprodukte asook spesiale produkte vir mans, o.a. vogroom en skeerroom. Aloe Ferox is ook baie goed vir allergieë.

 

Spreker, Bets du Pisanie, aan die woord oor aalwyne en Aloe Ferox

Liz-Marie Lubbe, Samantha Groenewald, Landi de Beer, Saamroeper van Kunste
en Handvlyt