Sirkel: Paarl

Tak: Wellington

Portefeulje: Gesondheid

Beriggewer: Juanita Loubser

Datum: 26 Januarie 2017

 

Emmie Malan se Gesondheidspan het vir John Hambleton – 082 880 1048 – ‘n gekwalifiseerde Eerstehulp Paramedikus, gekry vir die oggend.

 

Uistekende praatjie word gegee oor sy werk as paramedikus & lewensredder. Hy het in Engeland en Bophuthatswana sy opleiding gekry en gewerk voor hy in 1995 sy eie besigheid begin het. Hy het gewerk met uiterste gevalle in die Underground. In Suid Afrika was hy al by verskeie ongelukke en moes besluit wie het 1ste noodhulp nodig en wie kan langer uithou. Hy lei veldwagters en lewensredders op en deesdae ook riviergidse. “n Paar mediese noodhulp feite is ook vir ons uitgelê en raad is ook gegee.

 

Juanita Loubser (Voorsitter), Ezla Ritter (Vise-voorsitter), John & Linda Hambleton, Emmie Malan (Gesondheid Sameroeper), Erna Richter(Sekretaris) en June Smit (Tesourier)