Sirkel: Paarl

Tak: Wellington

Beriggewer: Juanita Loubser

Datum: 20 Oktober 2016

 

Wellingtontak staan hierdie jaar reg as Gasvrou vir die Sirkel Paarl se Intertak. Dit is altyd lekker om besoekers van die ander takke te onthaal en daarom het ons besluit om te fokus op Boeresjiek. ‘n Lekker gemaklike onderwerp waar tokreen en reukballe gedemonstreer word die oggend. Herster Pretorius het al haar “junk”soos sy dit noem gebring en tokreen verf om ons te kom wys wat jy alles kan maak.

 

Dit is’n kunsvorm wat 14 jaar gelede deur ‘n man en sy vrou in Meyerton begin is. Jy kan enigiets tokreen. Maak net seker alle plantmateriaal is droog. Gebruik handskoene. Die deurskynende tokreen neem 7dae om droog te word, maar die gekleurde swart en terracotta neem ‘n dag. Toiletpapier wat jy by tokreen voeg, word poreus en word jou plakmiddel om items soos blomme of sade vas te plak. As dit alles droog is, “drybrush” jy dit met Dala se craftpaint reeks soos “metallics’. Wit tokreen kan gekleur word met “craft”-verf.

 

wellington-6

Herster Pretorius demonstreer tokereen

 

Om reukballe te maak is net so maklik. Sorg dat jou plantmateriaal droog is. Gebruik natuurlik gegeurde materiaal uit jou tuin of uit die veld. ‘n Ronde polistereen bal word benodig en dan word alles met ‘n “gluegun’ vasgeplak. Goeie materiaal is kaneelstokkies, steranys en lemoenwiggies. Selfs laventel of ander gedroogde blomme of skulpe kan gebruik word.

 

Na al hierdie handige wenke was dit tyd om die kompetisiewenners bekend te maak: Slot van die Paarl verower die Intertak-beker met Klein Drakenstein en Wellington kort op hul hakke.

 

wellington-1

Bekerwenners: vlnr Alice Swanepoel, Frouwine du Toit, Dawn Greyling, Heath Joubert, Mia Louw by Pick ‘n Pay wat ons kompetisies geborg het.

 

wellington-2          wellington-3

Décor van Boeresjiek

 

wellington-4

 

 

 

 

 

 

Kompetisie Inskrywings by die tak

 

 

 

 

 

wellington-5

Wellington het altyd n stampvol marktafel