Sirkel: Noordwes-Kaap

Tak: Prieska

Datum: 19 Oktober 2016

Beriggewer: Erika Lubbe, VLVK-argivaris

 

VLV Prieska se afsluitingsvergadering het by almal teenwoordig groot byval gevind.

 

prieska-4

V.l.n.r.: Erika Lubbe, VLVK-argivaris; Frena Muller, Jacobie Botha, Irene Coetzee,
Taksaamroeper Landbou en Tuinbou; haar twee seuntjies, Charles en Henry, op
haar skoot.

 
Elke gasvrou moes ’n mooi teetafel dek; ’n paar lede het ’n verskeidenheid heerlike en spoggerige eetgoed vir elke teetafel gebring, elkeen het ’n geskenkie ter waarde van R20 gebring wat uitgeruil is en goeie items is deur die lede self gelewer.

 

 

’n Plaaslike fisioterapeut, Lizahn Esterhuizen, het oor fisiese aktiwiteit, oefening en hoofpyn gepraat.

prieska-1

Voor v.l.n.r.: Liz-Mare Lubbe, Taksaamroeper van Gesondheid;  Annelies Moolman, besoeker
Agter v.l.n.r.: Lulu van Wyk, Taksekretaris, aan die woord; Lizahn Esterhuizen, spreker;
Landi de Beer, Visevoorsitter en Taksaamroeper van Kunste en Handvlyt

 
Oefen met matige intensiteit 30 minute per dag vir 5 dae in die week, want dit hou die volgende gesondheidsvoordele in:

  • verminder die risiko vir bors-, serviks- en kolonkanker;
  • verminder ook die risiko vir nie-oordraagbare siektes (suiker, bloeddruk, hartsiektes);
  • verbeter jou geestestoestand insluitend die vertraging van Alzheimer se siekte en Dimensie;
  • verbeter ook algemene fiksheid.

 

 

Hoofpyn: Verskillende hoofpyne met verskillende oorsake word aangetref, naamlik:

  • Sinushoofpyn
  • Migraine
  • Spanningshoofpyn
  • Troshoofpyn

 

 

Sinushoofpyn gaan gewoonlik gepaard met verkoue of neuskongestie.

  • Kom voor aan die voorkop en om die area om die oë.
  • Die vel oor die sinusse is baie sensitief as met die vingerpunte daarop gedruk word.
  • Dit is ’n dowwe pyn.
  • Die pyn word versterk as die neus geblaas word.

 

 

Migraine word veroorsaak deur die pynlike swelling en inflammasie van die bloedvate rondom die kop.

  • Kloppende hoofpyn aan die een kant van die kop.
  • Naarheid, braking, disoriëntasie en verlies aan aptyt vind gewoonlik plaas.
  • Ervaar sensitiwiteit vir harde klanke en helder lig.
  • Verandering in visie en smaak.
  • Migraine kan ook ’n ernstige nawerking hê, soos erge uitputting.

 

 

Spanningshoofpyn word veroorsaak deur voortdurende spanning. Dit

  • kom aan beide kante van die voorkant van die kop voor;
  • kom ook aan beide kante in die area van die oë voor;
  • is nie kloppend nie;
  • voel soos ’n hoed wat te styf pas of soos ’n swaar gewig wat op die kop neerdruk.

 

 

Spanningshoofpyne word partykeer spierkontraksiepyne genoem, omdat dit in die nek en aan die agterkant van die kop fokus. Die spiere van die skouers, nek en skedel kan dan ook gevoelig wees.

 

 

Troshoofpyn is ’n seldsame, ondraaglike, pynlike hoofpyn.

  • Dit sentreer rondom een oog en versprei dan na die naasliggende areas van die gesig, naamlik die wangbeen en kakebeen.
  • Dit is kortstondige hoofpyne wat eksplosief opbou oor 5 minute en kan dan aanhou vir 30 tot 180 minute.
  • Dit kan meer as een maal per dag plaasvind.
  • Dit is daaglikse, ondraaglike pyne wat in ’n ‘tros’ voorkom wat etlike dae tot etlike weke kan duur.
  • As die hoofpyne hulself uitgewoed het, kan dit vir 6 maande en selfs vir jare wegbly.

 

 

prieska-2

Links v.l.n.r.: Cecilia Jacobs; Karen Greyling, Taktesourier; Nadia Muller, Taksaamroeper
Openbare Sake; Corrie Liebenberg, Takvoorsitter.
Regs v.l.n.r.: Annatjie de Villiers, Anel Liebenberg.

 

prieska-3

V.l.n.r.: Marazaan van Jaarsveld; Theresa Swart, Taksaamroeper Leefstyl; Surrietha
Kotze; Marelize de Villiers, Taksaamroeper Opvoeding en Kultuur; Nadia
Muller, Taksaamroeper Openbare Sake.
prieska-5
Takvoorsitter, Corrie Liebenberg, aan die woord.

 

 

 

prieska-6
Takvoorsitter, Corrie Liebenberg, speld die woorde: WIE EK IS, MAAK ‘n
VERSKIL………, vir elkeen teenwoordig aan en versoek ons om dit die nuwe
VLV-jaar uit te leef.

 

Wie ek is, maak ‘n verskil….