Sirkel: Paarl
Tak: Paarl Aand
Portefeulje: Gesondheid
Beriggewer: U Engelbrecht
Datum: 17 Maart 2016
Susan Rautenbach, refleksoloog van die Paarl, was die spreker. Sy fokus tans in haar praktyk hoofsaaklik op die behandeling van vroue wat chemo kry. Dit help om die pasiënt refleksologie voor en na die chemobehandeling te gee. Verligting van o.a. naarheid en hardlywigheid word verkry.
Refleksologie werk op die 7 000 senuwee-eindpunte wat in die voete voorkom. Deur stimulasie gee dit suurstof aan die verskillende liggaamsorgane wat verteenwoordig word deur die onderskeie senu-eindpunte.
LNR Domé Sonnekus, Susan Rautenbach, Hetta van der Merwe (Voors.), Amanda Kapp, Martell Swart.
Voor: Geretha Brand (Saamroeper), Janike Victor
Leave A Comment