VLVK-sameroeper van Kunste & Handvlyt, Caro Ekermans, werp lig op die blomme gemaak uit papierpulp eierdose:
Die woord papierpulp is net gebruik om die papierpulp eierdose te onderskei van polistireen eierdose.
Jy knip of skeur die onderdele van die blomme net so uit die eierdose, jy verpulp hulle nie.
Sommige soorte blomme kom beter wanneer jy hulle knip, bv. affodille en stokrose en kosmos. Ander skeur pragtig, bv. rose. Dan plak jy die lot aanmekaar met silikoongom of ‘n gompistool en jy verf hulle. Jy mag die eierdose verpulp om vrugte te vorm, maar dit moet minimaal wees.
Daar is eierdose met plat deksels wat goed werk vir blare en ander met diep keëls wat pragtige lelies maak. Probeer Pick & Pay se 18 verpakkings.
Baie dankie, Caro – dit help baie!
Ek sukkel!!!!
Die blomme vat ure om te maak!
Dan is daar nog steeds spasies waardeur mens die oase kan sien!
die blomme is kliphard, bloemistetape wil nie daaraan vat nie, gom wil nie aan oase vat nie!
ek is raadop!