Sirkel: Weskus
Tak Velddrif
Portefeulje: Gesondheid, Opvoeding & Kultuur, Openbare Sake
Beriggewer: Cornelia van Dyk
Datum: 21 Oktober 2015
Oktober is borskankermaand en al die lede was in pienk en wit geklee. Lede wat kanker oorwin het, het kerse aan gesteek.
Riëtte het vir elke lid ‘n vorm gegee met belangrike nommers op om indien daar ‘n noodgeval is, naasbestaandes in kennis te stel.
Oom Andries en tannie Ellie Bester was ons gaste. Andries het in 2002 ‘n beroerte gehad.
Ellie, ‘n opgeleide suster en ons gasspreker, het vertel wat ‘n groot aanpassing dit in die huishouding is wanneer jou lewensmaat afhanklik raak van jou. Hy kon na die aanval nie praat nie, maar sy verstand is helder. Hulle kommunikeer in vingertaal en dan geniet hul baie humor. Sy dank die Heer vir Sy genade dat hul albei nog saam gespaar is, ten spyte van sy toestand. Sy beklemtoon die belangrikheid van rolstoeltoeganklikheid in die omgewing.
Andries en Ellie Bester
Elsje van der Linde het die breine flink gehou met ‘n woordbouspeletjie. Ons neem afskeid van Anita Rossouw wat verhuis na ‘n aftree-oord. Anita is reeds 50 jaar lid van die VLV. Sy het ook die kers aangesteek vir Plattelandse Vroue.
Anita Rossouw, Erelid van Velddrif
Dankie vir elke lid se bydrae tot ‘n kompetisietafel wat gekreun het onder die inskrywings.
Leave A Comment