Sirkel: Paarl

Tak: Aand

Portefeulje: Kunste en Handvlyt

Beriggewer: U Engelbrecht

Datum: 21 Mei 2015

 

 

Paarl Aandtak kuier vir hulle Kunste en Handvlytvergadering by bekende kunstenaar Tertia du Toit in haar ateljee in die Hoofstraat, Paarl. Sy is reeds 25 jaar ‘n uiters suksesvolle skilder, asook dosent in kuns en vrou van Johan en ma van 4. Haar eerste solo-uitstalling in 2001, “Soen my Lemoene” was uitverkoop, soos ook solo-uitstallings daarna.  Met haar lewensmotto “Werkwantdienagkomnader” is sy ‘n uiters produktiewe skilder wat ook baie korporatiewe werk en kommissiewerk doen.  In haar vrouefigure fokus sy op sensualiteit. Sy hou van die romantiese konsep van ‘n Tarzan en ‘n Jane – “solank Tarzan nie in ‘n aap verander nie en Jane toegelaat word om haar eie toue uit te klim”.

 

 

IMG_4283-001

Petro Boshoff bewonder een van Tertia du Toit se nuutste skilderye.

 

 

IMG_4317

VLV-lede saam met die kunstenaar.  Agter v.l.n.r.: Hetta van der Merwe (voors.), Alta Cloete, Petro Boshoff (sameroeper) Voor v.l.n.r.: Tertia du Toit, Una Engelbrecht, Lennie Henderson.