Sirkel: Suid-Ooskus
Tak: Loerie
Portefeulje: Leefstyl
Sameroeper: Joyce Puttergill
Beriggewer: Hester Marx
Datum: 24 Julie 2014
Water is nie heeltemal verbode nie, want dit is nodig om die sjokolade te smelt, maar asseblief, nie ‘n druppel naby die sjokolade nie, net in die kastrol. Dit was les nommer een van Gerhard.
Gerhard Stroebel het sy kennis oor die maak van sjokolade- en suikerversiersels met ons kom deel. ‘n Plastieksak (van Checkers of Pick ‘n Pay) word oor ‘n plat bakplaat getrek en die gesmelte baksjokolade daarop gesmeer. Laat dit hard word in die yskas; breek in stukke en gebruik as versiering.
Tuisgemaakte silikoonvorms word gebruik om ‘n bakkie (bruin sjokolade) en ‘n blom (wit sjokolade) te maak. Die blom kan in enige kleur geverf word. Gesmelte witsuiker kan op ‘n harde, gladde oppervlakte gedrup word, en wanneer koud, as versiering gebruik word.
Silikoonvorms vir die maak van sjokolade bakkies en blomme.
Leave A Comment