Sirkel: Middelland
Tak: Alexandria
Portefeulje: Kunste en Handvlyt
Beriggewer: Dina Erasmus
Datum: 17/7/2014
Dis Julie en bitter koud! Dis die tyd om vlytig en besig te wees….
Almal sal saamstem dat dit `n besonder koue winter is. Met jasse, baadjies, stewels en musse was ons teenwoordig vir die ledevergadering. Ons spesiale gas vir die dag is die 7mnde oue Zané du Preez. Alexandria se 1ste baba na meer as 20jaar!
Zané du Preez, ons tak se jongste aankomeling op mamma Yvonne.
Die lede was genooi om te kom deel aan Origami (ori=folding, kami=paper), aangebied deur Janet Flynn van Imagine Studio te Kenton.
In Japan het die “crane” `n mistieke betekenis. `n “Senbazuru” is `n groep van `n 1000 papier gevoude “cranes” wat saamgehou word met `n dun gare. Die legende lui dat daar met elk voltooide “senbazuru” `n wens gemaak kan word. Die origami “crane” het die simbool geword van wêreldvrede. Nege jaar na die atoombom van Hirosjima is die 11jarige Sadako Sasaki met terminale Leukemie gediagnoseer. Gedurende haar tyd in die hospitaal het sy haar “senbazuru” begin vou en gevorder tot 644 voordat sy oorlede is. Haar wens was vrede en genesing vir die wêreld. Haar skoolvriende het haar “senbazuru” voltooi wat die mees bekende “senbazuru” ter wêreld geword het. In die “Hirosjima Peace Memorial” is `n standbeeld van Sadako wat `n goue “crane” vashou met die inskripsie This is our cry This is our prayer Peace in the world
Meer as 2 miljoen “cranes” was gevou as `n fondsinsameling na die 2011 aardbewing in Japan. Duisende hiervan is gebruik in `n mosaïek van 36 x 40 voet.
Ons moes kophou met die diagram maar, ons het ons “cranes” gevou en die vingers geforseer om die fyn vouwerk te voltooi.
Origami “cranes” soos verskaf deur Image Studio.
Die fotografie-inskrywing was `n swart en wit foto. Zone Meiring, n professionele fotograaf van Boesmansriviermond het dit beoordeel en daarna vir ons baie geleer oor fotografie. Sy wys vir ons die volgende uit:
“subject” – voldoen die foto aan die tema?
“cropping” – is daar genoeg spasie om die fokuspunt gelaat?
“rule of thirds” – was die foto opgedeel in derdes?
“lead space/head space” – is daar voldoende spasie op die korrekte plekke?
“composition” – waaruit is die foto saamgestel? Te veel of te min?
“lighting” – beligting
“aperture” – was dit toegepas?
“emotional connection” – is daar vir die waarnemer `n konneksie met dit wat waar geneem word?
Almal wat hul kameras saamgebring het, kon eerstehands leer van verstellings en meer. Ons het haar besig gehou met vrae en sommer baie geleer. Die elektroniese inligtingstuk wat per e-pos gesirkuleer was, is besonder leersaam.
Ons leer meer van ons kameras se verstellings by Zone Meiring.
Soos altyd was die lede baie besig by die huis en die huiswerk afdeling was baie goed ondersteun. Ons verdaag om gesellig te verkeer voordat ons vertrek.
Huiswerk – pragtige borduurwerk
Huiswerk – gebreide handskoene en serp
Huiswerk – oorgetrekte hangers
Leave A Comment