Yolande Korki inspireer ander

 

Yolande Korki inspireer ander

Posted by VLV in News, Victoria-Wes 11 Feb 2018

Tak:  Victoria-Wes

Sirkel:  Noord-Karoo

Beriggewer:  Elize Perrin

Datum:  10 Februarie 2018

 

 

Op 27 Mei 2013 is ‘n gesin, ‘n hele familie, se lewe onherroeplik verander toe Pierre en Yolande Korkie in Jemen ontvoer is.  Yolande het oorleef om nou die verhaal te vertel;  Pierre ongelukkig nie.

 

Verskeie gaste kon Saterdag, 10 Februarie, tydens Victoria-Wes skou  na die besondere vrou se vertelling luister.  Yolande het verwys na die onsekerheid en verlange na hul twee kinders nadat sy en Pierre gevange geneem is.  Uit haar eie ondervinding het sy die gehoor gemotiveer om elke dag vir hul kinders en ander geliefdes van hul liefde te verseker.

 

Tydens hul gevangeneskap is dit ook op hul hart gelê om vir hul vyande te bid.  Vir Yolande was dit aanvanklik ondenkbaar, maar  sy kon dit wel later regkry.

 

Yolande het gekies om te vergewe.  Sy het die gehoor uitgedaag om vir daardie “terroris” in elkeen se lewe te bid en hom/haar te vergewe.

 

Een van haar seerste oomblikke was met die deurwerk van Pierre se joernale wat sy na sy dood ontvang het.  Uit al die ervarings het sy geleer dat mens soms eers vrugte moet dra voordat die pyn genees en nie  andersom nie.

 

 

 

Hulle gesin se  ervarings, die pad wat sy moes stap en haar geestlike reis word onder andere beskryf in haar boek, 558 dae. Die boek is oorspronklik in Engels geskryf en deur Maretha Maartens in Afrikaans vertaal.

 

Yolande Korki

Post a comment