Worcester Konferensie

 

Worcester Konferensie

Posted by VLV in SIRKEL NUUS 11 Mar 2015

Sirkel: Worcester

Portefeulje:  Konferensie

Beriggewer:  Elize Lotriet, Sirkel Sekretaris

Datum:  11 Maart 2015

 

 

konferensie 2014 006 (Custom)

Vlae word deur Ann-Lee Pieterse (De Doorns) en Elsa Lombard (Ceres) ingedra.

 

Verslag:  Konferensie Worcester Sirkel, 11 Maart 2015 in die Ledesaal, De Doorns Wynkelder.

 

Teenwoordig: Sirkelbestuur, 33 afgevaardigdes,  53 gaste en waarnemers.

 

Opening: Ds  Andrew Krige van De Doorns  N.G. Gemeente

 

Groeteboodskap: Francois Rossouw, Boer van die jaar.

 

Spreker: Erena van de Venter van El-Shammah Kibbutz Worcester. In 1983 het sy as Maatskaplike Werker die gevolge van bendegeweld in Roodewal raak gesien.  Met hulp het sy die Kibbutz tot stand gebring.  El-Shammah beteken God se teenwoordigheid.  Verskillende projekte word daar aangebied bv. kleuterskool, kunsklasse, nasorg vir kinders en volwassenes, plant van groente ens.  Raymond van der Berg getuig dat hy nie ‘n mooi lewe gehad het nie – gom gesnuif en dagga gerook. Die Kibbutz het sy lewe verander en ander bendelede kyk nou op na hom.

 

Hoofspreker:  Lizelle Brown – Vroue met ‘n Visie

God het ‘n fantastiese plan met jou.  Jou lewe het ‘n doel, jou storie is belangrik en jou stem tel.  ‘n Visie sonder aksie is net ‘n dagdroom en aksie sonder visie is ‘n nagmerrie.  Sy sonder 3 vrouens uit:  Elenor Rooseveldt, Elizabeth Fry en Margareth Thatcher.

 

Onthou wie jy is en wat jy wil  bereik en maak klaar wat jy begin.  Sekerheid laat jou veilig voel en wees seker in jou God. Gebed moet bekommernisse vervang en gebruik jou gedagtes tot jou voordeel.

 

 

IMG_0126 (Custom)

Ann-Lee Pieterse, voorsitter van De Doorns, oorhandig ‘n 60jr kenteken aan hul oudste en langste lid,  mev. Eliz Rabie.

 

 

Trofeë en pryse was deur die oudste lid van V.L.V. De Doorns, mev Eliz Rabie, oorhandig.

 

 

IMG_0102 (Custom)

Trofeë van verdienstelikheid is deur die Sirkel President, mev Sunette de Villiers, aan Maria Stofberg   tak, (Hettie Stander), Worcester Aandtak (Senerita v.d. Walt), Montagu tak (Zelda van Heerden)  en Bonnievale tak (Gezina de Wet) oorhandig.

 

 

IMG_0103 (Custom)

Laingsburg tak (Isa Basson) ) en Touwsrivier tak (Mercia Brown) ontvang elk ‘n trofee vir uithouvermoë ten spyte van moeilike omstandighede.

 

 

konferensie 2014 001 (Custom)

Tertia Hayman van Maria Stofberg tak het eerste prys vir die gehekelde baadjie gekry.

 

 

 

Post a comment

12 − 12 =