Wintervreugde

 

Wintervreugde

Posted by VLV in Maria Stofberg Tak, News 05 Jun 2014

Sirkel: Worcester
Tak: Maria Stofberg
Portefeulje: Kunste en Handvlyt
Beriggewer: Susan Engelbrecht
Datum: 5 Junie 2014

Johan Groenewald sing : “Dit is Winter in die Breëriviervallei” . Met die berge rondom Worcester  pragtig wit en die temperatuur buite net 11º het ons ‘n heerlike “warm”  vergadering gehou.

Lede het die mooiste warm kombersies gehekel, gebrei en gemaak en dit is geskenk aan die kinders in rolstoele by Sean Kelly Sentrum. Nicky Labaschagne, hoof van A.S.D. (Assosiation for the Sensory Disabled), wat self gesiggestremd is, het ons  besoek en  vertel van die ontstaan en werksaamhede van die Sean Kelly Sentrum waar erg gestremde kinders versorg word.  Hierdie is kinders wat totaal en al afhanklik is; hulle kan nie loop nie, moet gevoer word en ten volle versorg word.  In  2010 het A.S.D. ook ‘n  groephuis geopen, waar  oornagfasiliteite met spesiale versorging aan  kinders verskaf word. Tans word 44 kinders versorg.  Ons het verneem van die groot nood wat daar bestaan en ons dames het hul harte oopgemaak en huishoudelike benodigdhede word elke maand aan A.S.D. geskenk. Agt en twintig  kniekombersies is oorhandig.

Die teetafel was n lus vir die oog, en almal het die heerlike eetgoed geniet.

Die teetafel was n lus vir die oog, en almal het die heerlike eetgoed geniet.

Sarie Wolmarans lees n gepaste gedeelte uit “Siel van 'n Vrou” voor. Rina Brand het die dames wat verjaar gelukgewens.

Sarie Wolmarans lees n gepaste gedeelte uit “Siel van ‘n Vrou” voor.
Rina Brand het die dames wat verjaar gelukgewens.

Georgia Sheppard vertel ons meer van sketse en skilder. Sarie Wolmarans lees ‘n gepaste gedeelte uit Siel van ‘n Vrou van Milanie Vosloo voor: “…. Jou Verlosser het die skilderdoek van jou lewe spierwit gewas.  Jy kan, ongeag die tonele van al die gisters, vandag skoon begin!  Sy Woord bied ‘n palet van die mooiste wysheid-kleure waarmee jy jou lewensprentjie kan inkleur.  Doop die kwas van jou hart gereeld in die kleurryke rykdom van die Bybel. ……”

Georgia Sheppard vertel ons meer van sketse en skilder.
Sarie Wolmarans lees ‘n gepaste gedeelte uit Siel van ‘n Vrou van Milanie Vosloo voor: “…. Jou Verlosser het die skilderdoek van jou lewe spierwit gewas. Jy kan, ongeag die tonele van al die gisters, vandag skoon begin! Sy Woord bied ‘n palet van die mooiste wysheid-kleure waarmee jy jou lewensprentjie kan inkleur. Doop die kwas van jou hart gereeld in die kleurryke rykdom van die Bybel. ……”

Esme van Wyk wys van die kombersies wat sy gebrei het.   Georgia Sheppard het  ons, op haar sprankelende manier van aanbied, lus gemaak om te begin skilder. Skets of skilder moet ‘n aksie en proses van sielsverryking en ‘n vorm van uitdrukking van lof en aanbidding aan God wees – nie net vir die skilder nie, maar ook vir die besigtiger of ontvanger van die eindproduk.  Geniet dit en moenie huiwer om ‘n kursus te doen of by ‘n skildergroepie aan te sluit  of te stig nie. Elke mens is geskape met kreatiewe skeppingsvermoë. Van haar werke, sowel as van die lede s’n, is uitgestal.

Esme van Wyk wys van die kombersies wat sy gebrei het.
Georgia Sheppard het ons, op haar sprankelende manier van aanbied, lus gemaak om te begin skilder. Skets of skilder moet ‘n aksie en proses van sielsverryking en ‘n vorm van uitdrukking van lof en aanbidding aan God wees – nie net vir die skilder nie, maar ook vir die besigtiger of ontvanger van die eindproduk. Geniet dit en moenie huiwer om ‘n kursus te doen of by ‘n skildergroepie aan te sluit of te stig nie. Elke mens is geskape met kreatiewe skeppingsvermoë. Van haar werke, sowel as van die lede s’n, is uitgestal.

Esme en Nicky Labaschagne ontvang die kombersies vir die kinders by die Sean Kelly Sentrum Esme van Wyk, Downsindroom-dogter van ‘n VLV-lid, het ook ‘n kombers gehekel en 1 gebrei.Besoek gerus ook die webtuiste www.seankelly.co.za.

Esme en Nicky Labaschagne ontvang die kombersies vir die kinders by die Sean Kelly Sentrum
Esme van Wyk, Downsindroom-dogter van ‘n VLV-lid, het ook ‘n kombers gehekel en 1 gebrei.Besoek gerus ook die webtuiste www.seankelly.co.za.

Post a comment

5 × one =