Windplase

 

Windplase

Posted by VLV in Langebaan Tak 01 Oct 2014

Sirkel:  Weskus
Tak:  Langebaan
Studierigting:  Openbare Sake
Beriggewer:  Charlotta van Eeden
Datum:   1 Oktober 2014

 

 
langebaan

Pierre Louw (gasspreker) en Henriëtta Melck

 

 
Pierre Louw , eienaar van die eerste kommersiële windplaas in Suid-Afrika, het die lede kom toespreek.  Hierdie windplaas is geleë op sy plaas, Koperfontein, in Hopefield distrik.

 

 

Dit was ‘n reuse taak (vanaf 2008 – 2012) om al die instansies bymekaar te kry.  Die instansies betrokke by die windplaas is Old Mutual, Kagiso Trust en Maquarie Bank.  Die projek het R2,3 biljoen beloop. Die projek staan bekend as Umoya (wat in Zoeloe wind beteken).  Die probleem was om Hopefield aan die beleggers te verkoop.  Die wind in die omgewing moet konstant wees.  Op die ou einde het dit slegs gegaan oor wat die projek vir die staat kan beteken.

 

 

Daar moes aansoek gedoen word om ‘n lisensie vir krag wat ook ‘n reuse projek was (papierwerk van oor ‘n meter hoog).  Windkrag – lisensie is by Nersa verkry vir 20 jaar.  Daarna moet daar weer aansoek gedoen word vir volgende 20 jaar.

 

 

Windkragopwekking is ‘n eerste wêreldse ontwikkeling.  Daar is besluit om die windterbines in te voer van België.  Daar word slegs 18 maande toegeken om die projek te voltooi.

 

 

Die vlerke van ‘n windterbine is 35 – 40 meter lank.  Elke windterbine kos R40 miljoen.  Die kop/toring weeg 60 ton.  Die fondasie is 20m x 20m x 20m.  Elke windplaas moet ‘n minimum van 140 megawatt lewer.  Een windterbine lewer ongeveer 5 megawatt.  Daar sal gewoonlik 50 of minder windterbines per windplaas wees.  ‘n Windplaas moet 60 meter van ‘n woongebied af wees. ‘n Windterbine hardloop teen 160 km/h.  Daar staan gewoonlik 2 terbines stil, wat gediens word.  België diens die terbines een maal per jaar.  België hou alles in stand vir 15 jaar.  Dit is ‘n baie groen projek en gee geen koolstofgasse af nie.  Die nadele is dat dit die horison bevuil.  Dit maak steeds ‘n geraas maar daar word gewerk daaraan om minder geraas te maak.  Dit reën nie onder die terbines nie.  Daar is 3 toets torings wat die wind toets. Die ideale wind moet teen 7 – 10 m  / sekonde waai.

 

 
langebaan1

Inskrywing van blomme: drie dubbele plesier.

Post a comment

12 + sixteen =