Willowmore Intertak

 

Willowmore Intertak

Posted by VLV in Willowmore Tak 26 May 2015

Sirkel:  Middelland

Tak:  Willowmore

Portefeulje:  Leefstyl

Beriggewer:  Jackie Barnardt

Datum:  26 Mei 2015

 

photo (Custom)

 

Dr Arnel Huisamen is die gasspreker met die Tema vroue met Visie. Haar motto is Deut. 30:19 – Kies die lewe. Hoe sien ons dinge en wat is ons drome? Elkeen het ‘n bril wat net vir jou gemaak is. Daar is bepaalde maniere hoe jy na jouself kyk. Sien ons net foute en twyfel ons in ons vermoëns? Ons sien nie onsself soos ons regtig is en soos ander ons sien nie. Jy is mooier as wat jy dink!

 

Hoe lyk die bril waarmee ons kyk en hoe kyk ons na die wêreld?  Is ons bril swart, sien ons alles wat verkeerd en negatief is, of is jou bril kleurvol?  Weet ons wat ons wil wees en bereik in die lewe? Help ons ander ook om positief in die lewe te wees?

 

Ons het die vermoë om ander op te tel en hul uitkyk op die lewe  te verander.  Vroue met visie sit die rooskleurige bril op en maak ruimte vir ander om hul keuses te maak.  Hou jou oog op jou visie, maak nie saak hoe oud jy is nie.

 

IMG_9317 (Custom)

Elzabeth van der Bijl tree op en is ‘n Country sangeres en kaalvoet –kind van die Groot Karoo.

 

IMG_9320 (Custom)

Siebert Baartman, Jonathan Vermaak, Karen Du Plessis

 

Chef Jonathan Vermaak (Willowmore Deli), Chef  Siebert Baartman (Willowmore Herberg) en  Chef Karen du Plessis (Uniliver) doen demonstrasies met LANCEWOOD produkte.

 

De Rustica  stal hul olyfolie en olywe  uit en is ‘n olyfplaas wat geleë is teen die hange van die Swartberge, op die Oudemuragie pad net buitekant De Rust. Hul lewer ekstra virgin olyfolie en spog met 100 000 Italiaanse Kultivar olyfbome en lewer tussen 150 000 en 200 000 liter olie per jaar.

 

IMG_0031 (Custom)

Post a comment

11 + fifteen =