Willowmore bederf bejaardes

 

Willowmore bederf bejaardes

Posted by VLV in News, Willowmore Tak 13 Mar 2019

Sitrkel: Middelland

Tak: Willowmore

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: Jackie Barnardt

Datum: 12 Maart 2019

 

VLV Willowmore besoek die Gert Greeff Tehuis. Die 34 inwoners is ons gaste.  Ansie  Greeff gee ‘n kort oorsig oor die ontstaan van die Ouetehuis. 1 Desember 1965 het die eerste inwoners ingetrek.  Amour Strydom, die matrone vertel meer oor die funksionering en behoeftes van die Tehuis.

 

VLV lede vermaak die bejaardes met liedjies soos ” Sonbrilletjies”, “Die witbroek sit nie styf nie” en “Gee haar ’n roos”.

 

Aangesien Sirkel Middelland 85 jaar oud is, vier ons die geleentheid deur 85 kolwyntjies en 85 rose aan die bejaardes uit te deel. Daar word ook ’n skenking gemaak van 85 artikels soos seep, poeier, room, waslappies, doeke ens. aan die siekeboeg. Die bejaardes ontvang ook elk ‘n laphartjie, armbandjie en sepies wat deur die lede gemaak is.

 

     Amour Strydom, Riëtte Fourie, Alma Fouché, Ansie du Preez

 

 

           Sonbrilletjies

 

 

  Kolwyntjies & Rose

 

 

           Bejaardes

Post a comment