Weskus se Projek

 

Weskus se Projek

Posted by VLV in Graafwater Tak 04 Jun 2015

Sirkel: Weskus

Tak:  Graafwater

Beriggewer:  Rita van Lill

Datum:  4 Junie 2015

 

 

VLV Graafwater word 85 041

 

 

VLV Sirkel Weskus se projek hierdie jaar is dat hulle waslappies en sepies aan skole of klassies moes uitdeel. Vandag, 4 Junie 2015, is lede van die VLV Graafwater tak na Hoërskool Graafwater se graad R klassie toe. Juf Candice doen wonderlike werk daar. Die leerders het vir die lede gesing en pragtige gediggies voorgedra. Hulle het ook die skoollied uit volle bors, op aandag en heeltemal korrek, gesing.

 

 

VLV Graafwater word 85 042

 

 

Die lede het aan elke leerder ‘n sakkie met ‘n tandeborsel, tandepasta, uurglasie, waslap en sepie gegee. Elke leerder het ook ‘n appel gekry en tannie Claudie het mooi verduidelik hoe hulle hulle tandjies moes borsel en eerder vrugte en groente as lekkers eet.

Post a comment

20 − 5 =