Weskus hou Damesoggend

 

Weskus hou Damesoggend

Posted by VLV in News 03 Nov 2019

Sirkel:  Weskus

Damesoggend

Beriggewer :  Nicoline Brown

2 November 2019

 

Soverby Lapa, Velddrif

 

Dames getooi in denim en diamante het met groot verwagting op Saterdag, 2 November 2019, in groot getalle by Soverby Lapa teen Velddrif/Dwarskersbos-strand opgedaag.

 

Die Sirkelbestuur het die VLVK se 90ste-verjaarsdagtee vir ‘n fondsinsameling gereël en ‘n baie spesiale verjaarsdagkoek is gebak.

 

Spesiale 90e Verjaarsdagkoek

 

Al die takke het protea-blomme gemaak met blou skulpmossels, wat in die saal saam met mooi dekor gebruik is op die teetafels, asook mooi spesiale teekoppies vir die spesiale geleentheid.

 

Skulpblomme saam ander dekor in die saal

 

 

Mooi spesiale teekoppies saam skulpblomme

 

Dames kon by hul aankoms die mooi uitsig op die see van die stoep af geniet.

 

Pragtige see-uitsig by Soverby Lapa vanaf stoep

 

Die gasspreker was Wilinda Hanekom en sy het ‘n tafel gedek met haar reeks “Swier”-tafeldoeke/servette.  Sy het ook handsakke, voorskote en ander mode-items wat te koop was, uitgestal.   Laastens maak sy twee eenvoudige blommerangskikkings van plantmateriaal wat maklik bekombaar is in enigeen se tuin.

 

Wilinda Hanekom met haar produkte

 

 

Wilinda Hanekom se demo met blomme

 

Bianca Willemse, matrikulant, kom bekoor die dames met haar pragtige stem en kitaarspel.

 

Bianca Willemse met haar kitaar

 

Laastens stel mev. Erika Lubbe (voormalige VLVK President) ‘n heildronk in op nog baie mooi geseënde jare vir die voortbestaan van VLVK.

 

Marie Grobbelaar (Vise, Weskus); Erika Lubbe (voormalige VLVK President); Estelle du Plessis (Sirkelpresident, Weskus);  Elsabe Carstens (Sekretaris, Weskus)  : Heildronk ingestel

 

Hierna word die baie spesiale verjaarsdagkoek deur mev. Estelle du Plessis (Sirkelpresident – Weskus) gesny en dames kuier heerlik saam om die teetafels.

 

Mev. Estelle du Plessis sny VLV-verjaarsdagkoek.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Mevv. Carstens, Du Plessis en  Grobbelaar (Sirkel-dagbestuur) by die verjaarsdagkoek

 

 

 

Leave a Reply