Weskus hou 83st Konferensie

 

Weskus hou 83st Konferensie

Posted by VLV in SIRKEL NUUS 04 Mar 2015

Sirkel:  Weskus

Gasvroutak:  Aurora

Portefeulje:  Konferensie

Beriggewer:  Nicoline Brown

Datum:  4 Maart 2015

 

 

Die verwelkoming en bekendstelling word deur mev. Estellle du Plessis, Sirkelpresident, gedoen.

 

Ds. Johan Jacobs van Aurora lewer ‘n baie mooi opening, spesiaal vir die VLV vroue.

 

Die internasionale gebed en kersseremonie vind hierna plaas.

 

Inwoner van Aurora, mnr. Oberholzer, stel die gehoor voor aan Aurora.  Volgens hom is hierdie dorpie die “beste in die Weste”, want sowaar hier is nie eers ‘n polisiekantoor nie!

 

‘n Aurora-lied, geskryf deur ‘n Aurora-lid, word vir die konferensie-gangers gesing.

 

Verskeie groeteboodskappe en goeie wense word voorgelees.

 

Mev. E. Du Plessis lewer haar presidentsrede en –verslag.

 

Hierna word die aanbiedings deur die Sameroepers gedoen:

 

  • Opvoeding & Kultuur:

Spreker: Elcia de Foglio – ‘n Reis na Italië – kultuur, taal + tradisies

van die Italianers.

 

  • Landbou & Tuinbou:

Spreker: Richard Gordon (Besturende Direkteur – Emoya Energy) re :

Windplase.

 

  • Openbare Sake:

Saamroeper: Ann Meyer – Inligting oor optrede na afsterwe.

 

  • Gesondheid:

Spreker: Dr Chris van Lille – Outisme.

 

  • Kunste & Handvlyt:

Saamroeper: Marlene Dirkse v Schalkwyk speel ‘n DVD van Andrea Bocelli.

 

weskus (Custom)

Amanda Swanepoel

 

Die gasspreker was Dr. Amanda Swanepoel en haar onderwerp was “Vroue met Visie”.  Sy begin met ‘n gedig “Jy is ‘n vrou” en haal verder aan. Dis ‘n roeping om iets te gaan doen, dit is mense met ‘n “attitude” en “My life will not be an apology, it will be a statement”.

 

Die volgende is eienskappe van vroue met ‘n visie :

  • Sy moet ‘n pret-gesindheid hê / kreatiwiteit
  • ‘n Vrou moet waagmoed hê
  • Sy moet kies om gelukkig te wees
  • Sy moet die ingesteldheid hê om ‘n verskil te maak in klein dingetjies elke dag
  • Sy moet in verwondering leef en niks vanselfsprekend aanvaar nie.

 

wekus2 (Custom)

Lubbe trofee word aan mev Estelle du Plessis oorhandig : mevv.E. du Plessis, L. Hoving, E. Lubbe, R. Lategan

 

‘n Spesiale oorhandiging deur voormalige VLVK president, mev Erika Lubbe

word gedoen.  Die Erika Lubbe trofee word aan mev Estelle du Plessis

oorhandig.

 

Weskus sirkel het konstante groei getoon die afgelope 5jaar en is tans ook

die grootste sirkel.

 

weskus3 (Custom)

Oorkonde oorhandig aan mev Louwna Hoving : mevv. E. Du Plessis, E. Lubbe, L. Hoving

 

Mev Lubbe oorhandig ook ‘n spesiale trofee aan mev. Louwna Hoving,

uittredende argivaris van VLVK en bedank haar vir uitsonderlike diens.

 

Die prysuitdeling word waargeneem deur mevv. Gina Smit en Henriëtte Smit, en

mev. Louwna Hoving het die trofeë oorhandig.

 

Konferensie 2015 is op ‘n hoë noot afgesluit. Die konferensiegangers vorm ‘n

vriendskapskring en sing saam.

 

Hierna dans die sirkelbestuur en voorsitters sommer vir die lekkerte en vir

spanbou saam op “Weskus-kwela”!

 

wekus4 (Custom)                                              weskus5 (Custom)

Post a comment

four × 2 =