Wense vir 2012

 

Wense vir 2012

Posted by VLV in Announcements, Uit Die President Se Pen 09 Jan 2012

Met die Kersversierings weggepak, die vakansiewasgoed gewas en gestryk en op hul plek terug in die kas en die skooltasse klaar gepak vir die nuwe skooljaar, is ons al weer fluks op pad die nuwe jaar in! Sterkte aan die Graad 1 mammas!

 

Daar wag baie VLVK-verrassings vir 2012 en tydens Konferensie sal jy alles hoor. Maak dus seker dat jy jou Sirkel se Konferensie bywoon!

 

Hiermee wens ek ‘n ieder en ‘n elk ‘n pragtige en suksesvolle VLV-jaar toe! Gooi jou volle gewig in, wees betrokke, ondersteun die bestuur, asook jou medelede sodat julle saam‘n daadwerklike verskil in jul gemeenskap kan maak! Laat VLV van krag tot krag gaan.

 

Geniet die VLV en voorspoed vir 2012!

 

Hartlike VLVK-groete

Erika Lubbe

Post a comment

five × five =