Wenke oor waterbesparing

 

Wenke oor waterbesparing

Posted by VLV in News, Suider-Paarl Tak 21 Sep 2017

Sirkel: Paarl

Tak: Suider-Paarl

Portefeulje: Openbare sake

Beriggewer: Elsa Hanekom

Datum: 20 September 2017

 

Mnr Gert Combrink, Onder-Burgemeester van Drakenstein, beskou homself, ten spyte van ‘n lywige CV, net as ‘n landbouer.  Mnr Combrink bedank die VLV vir die geleentheid om met die tak te gesels oor die huidige waterkrisis en gepaardgaande droogte wat tans in die Weskaap heers.

 

Aktiewe bewusmaking is een van die Munisipaliteit se pogings om water te bespaar en hulle gryp geleenthede soos dié aan om met die publiek te gesels. Water- beperkings in die Drakenstein Munisipaliteit het nou vlak 5 bereik.  Indien die huidige reënval situasie nie verander nie, sal dag zero teen 31 Maart 2018 aanbreek.  Dit beteken dat daar teen daardie tyd nie meer water beskikbaar sal wees nie.

 

Mnr Combrink verduidelik die geϊntegreerde pyplynstelsels wat water van een dam na ‘n ander dam kan herlei.

 

Mev Marie de Villiers, Sameroeper van Openbare Sake, by mnr Gert Combrink, Onder-Burgemeester van Drakenstein Munisipaliteit.

 

Die Stad Kaapstad is in die proses om seewater te ontsout.  Drakenstein Munisipaliteit het egter nie die voordeel van ‘n kuslyn nie en is afhanklik van damwater. Drakenstein Munisipaliteit spaar tans die meeste water.  Daaglikse verbruik is afgebring van 35 megaliter na 31 megaliter – ‘n besparing van 24%.  Mnr Combrink verduidelik “dat al die munisipaliteite in dieselfde spaarvarkie spaar” en dat die Drakenstein nie noodwendig die alleen voordeel kry van die besparing nie.

 

Voorts verduidelik hy dat, alhoewel die Munisipaliteit en die plaaslike regering planne beraam om water te bespaar, die vergroting van damme ‘n nasionale verant- woordelikheid is en nie ‘n provinsiale verantwoordelikheid nie.

 

Van die aksies wat reeds deur die Munisipaliteit geneem is om water te bespaar, sluit die volgende in:

Aktiewe bewusmaking

Sink van boorgate

Hergebruik van gesuiwerde rioolwater (Ooreenkomste is reeds met plaaslike industrieë aangegaan om water, wat nie geskik is vir drink nie, aan hulle te voorsien vir gebruik.)

Herstel van lekke (Jong mense is aangestel en opgelei om lekkende toilette in die arm gemeenkappe te herstel.). Die herstel van lekke kry so vinnig as moontlik aandag en Drakenstein se waterverlies is die laagste in die land op 9,5% teenoor die gemiddelde waterverlies van 15 – 25% in die res van die land.

Verhoogde watertariewe

Die kapasiteit van die Meulwater suiweringsaanleg gaan vergroot word om meer water uit die Bergrivier te onttrek.

‘n Vennootskap is met privaat individue aangegaan om water uit twee damme by Wellington te verkry.

Die installering van “pre-paid” watermeters in alle nuwe ontwikkelings. Volgens wetgewing kan ‘n huishouding se water nie afgesny word nie, maar dit kan wel beheer word.  “Pre-paid” watermeters kan die misbruik van water verhoed.

 

Mnr Combrink gee ook besparingswenke.

 

Water word nie meer nie, maar mense wel.

 

 

Tafels was interessant gedek om by tema te pas

 

Post a comment

four × 3 =