Wellington loop saam

 

Wellington loop saam

Posted by VLV in News, Wellington Tak 13 Apr 2018

Sirkel: Paarl

Tak: Wellington

Women Walk The World

Beriggewer: Juanita Loubser

Datum van gebeurlikheid: 12 April 2018

 

 

Aprilmaand is wêreldwyd WWW-maand waar ons vroue met dapper en stapper die omgewing verken. Wellington Tak het ook hierdie jaar dit sommer goed gedoen deur op Doolhof-plaas aan die uithoek van Wellington te gaan stap. Hierdie prag-wynplaas het wonderlike staproetes asook bergfietsroetes. Ons het die “Vineyard walk” aangepak met donker wolke bo ons koppe. Na almal die labarint gestap het aan die begin van die roete, is ons onder die bome in. Al het die druppels hard geval, was die blaredak so dig dat ons droog anderkant uitgekom het. Op die roete is ons oor laagwaterbruggies en deur rivierlope met die mooiste plantegroei en lelies langs die pad.

 

Diegene wat nie die laaste steiltes kon uit ,het omgedraai en teruggekeer na die proelokaal. Die laaste 3 km was af en op en weer af en deur ‘n rivierloop dat ons kaalvoet daardeur is. Salige lafenis vir die moeë voete, maar wonderlik om skoon bergwater tussen jou tone te voel.

 

Moeg en dors is almal by die proelokaal en wag die wynproe van Doolhof se wyne vir ons. Van die vrugtigste witwyn tot die volronde rooiwyn vir die koue kaggeldae word geproe. Tussendeur word daar ook geskiedenis uitgeruil oor die plaas, sy wingerde en mense terwyl die sagte reëns buite neerstuif.

 

Gelaai met ‘n paar boksies wyn , vertrek ons huiswaarts en sal beslis weer gaan draai, doer ver in die verste hoek van Wellington waar die pad doodloop in ‘n Doolhof. Om te stap bring mense nader aan mekaar en verryk jou siel en gesondheid.

 

 

 

 

 

 

 

Dawn Greyling , Amelia Jacobs ,Susan Laubscher en Juanita Loubser wys die rigting na die proelokaal na ver stap.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Lede aan die stap

 

 

 

 

 

 

Thea Kritzinger en Susan Laubscher laat die skoene waai om te stap deur die water.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Wyne van Doolhof

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap die Labarint

 

 

 

 

 

Koes-koes word deur die rivierbos gestap

 

 

 

 

Post a comment

seven − 3 =