Welkom, Eden Tak

 

Welkom, Eden Tak

Posted by VLV in Eden Tak, News 12 Jan 2020

Sirkel: SWD

Tak: Eden

Stigtingsvergadering

Beriggewer: Angelika Nortje

Datum: 11 Januarie 2020

 

Die stigtingsvergadering van Eden VLV word bygewoon deur eregaste Johlene Muller (SWD Sirkelpresident) en Linzetta Smit (VLVK Beoordeelaar), stigterslede en ‘n groep van 24 dames wat meer te hore wou kom oor Eden VLV.

 

Visie: Om die vrou te bemagtig, vaardighede oor te dra en gemeenskapsdiens te lewer.

 

Kenteken/Logo: Die volgende eienskappe moes weerspiël word. Geskiedenis van die VLV, ons streek, die vrou, en ons ontstaansjaar. Hiermee ‘n kort verduideliking en ons finale logo.

Kronologiese tydlyn

EDEN VLV TYDLYN
Dinkskrum Tak goedkeuring, 6 stigterslede Fonds-insameling Pannekoek Fonds-insameling

Pannekoek

Inhuldigings-vergadering 20 Bevestigde lede
26 Okt 2019 30 Okt 2019 22 Des 2019 28 Des 2019 11 Jan 2020 11 Jan 2020

 

Goedkeuring om ‘n nuwe VLV tak te stig wat ‘n wyer area dek is deur SWD Sirkelpresident, Johlene Muller, gegee op 30 Oktober 2019 om te open in Januarie 2020.

 

 

The founding members, Vonn Veldtmann (chair), Angelika Nortje (vice-chair), Christine Coetzee (treasurer/secretary), Gerda Coetzee and Clare Garner spent a day ensuring that the groundwork necessary to ensure that all the prescribed guidelines were covered and thrashed out. An imperative was to ensure that our vision and logo epitomized that which we subscribe to. After a significant amount of brainstorming the final product was completed. Eden is completely bilingual and ladies who subscribe to our vision are welcomed to our meetings with open arms. Every meeting will include a micro-workshop.

 

Omdat die tak met ‘n nul balans begin het, het ons gedurende Desember fondse ingesamel en dan ook skenkings gemaak soos in ons jaarplan uiteengesit. Ons het begin voorberei vir ons inhuldigings-vergadering en met groot opgewondenheid, gepaard met ‘n titseltjie senuweeagtigheid het 11 Januarie 2020 aangebreek!

 

 

Die vergadering is ge-open deur Gerda van der Westhuizen en ons voorsitter, Vonn Veldtmann het almal ingelig oor Eden se toekomsplanne, wat onder andere ‘n wyer area sal dek en op die 2de Saterdag van elke maand vergader sodat jonger en/of werkende dames ook kan bywoon. Ons bied die vergadering in Afrikaans sowel as Engels aan en sal om die beurt in Sedgefield en Wilderness, vergader sodat daar ‘n wyer streek gedek kan word. Eden glo in inklusiwiteit en verwelkom insette van gaste sowel as lede en daarom sal almal ‘n kort evaluasie vormpie kry by die ingang om te voltooi na afloop van die vergadering. Die insette sal deur die bestuur bespreek word en waar moontlik ingestel word en dan by die volgende vergadering opgehaal word. Gemeenskapsbetrokkenheid en gereelde fondsinsamelingsprojekte is twee van die doelwitte wat sal sorg vir ‘n propvol program die jaar.

 

Daarna het elke stigterslid die dames ingelig oor hul portefeuljes en meer vertel van opkomende mikro-werkswinkels.

 

 

Our guest speaker, Diane van Beek shared her sister’s, who has advanced Parkinson’s, story. In spite of her illness she still leads a full life and in December, sewed a baby quilt for Diane’s grandchild who will be born later this year. Diane had everyone participating in some exercises that are purportedly good for people with Parkinsons.

 

Johlene onthul Eden se pragtige banier wat deur Christine Coetzee geborduur is. Johlene vra ‘n spreekbeurt en wens Eden VLV voorspoed toe en maak ‘n opmerking oor die tasbare positiewe gees en aansteelike entoesiasme wat onder almal heers.

                                     

 

Na verversings het almal aan die werk gespring om hul vertikale tuintjies, wat deur Christine gedemonstreer is, te maak.

 

 

Die positiewe terugvoer is oorweldigend en na afloop van die vergadering het 13 dames vorms voltooi en ons is nuwe lede ryker! Ons is in ekstase en sien met blydskap uit na die volgende vergadering en die geleidelike realisering van ons visie!

 

 

Leave a Reply