Wees wakker en reageer vinnig

 

Wees wakker en reageer vinnig

Posted by VLV in Kraggakamma, News 11 Sep 2019

Sirkel: Middelland

Tak: Kraggakamma

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: Margaret van der Mescht

Datum: 10 September 2019

 

Twee kenners van `n veiligheidsmaatskappy gee vir ons wenke hoe jy  jouself kan beskerm teen moontlike aanvallers. Wees wakker en reageer. Moenie sê “Ek het nooit gedink dit gaan met my gebeur nie” of “ek moes die alarm aangesit het”. Aanvallers soek maklike teikens en deur nie paraat te wees nie maak jy dit maklik vir iemand om jou aan te val en te beroof. Wees bewus van aktiwiteite in jou woonbuurt. Indien jy verkrag word, rapporteer dit so gou moontlik. Die eerste uur na `n misdaad word met rede die goue uur genoem. Kry mediese hulp voordat jy stort.

`n Paar basiese goed kan jou lewe red. Wanneer jy `n winkelsentrum besoek, kyk waar jy parkeer. Is die omgewing veilig, is daar genoeg beligting, hoe ver is jy van die ingang van die kompleks af.

Wanneer jy in jou motor klim, sluit dadelik die deure. Weet waarheen jy wil gaan. Moenie langs die pad stilhou om rigting te vra of `n adres te google nie.

Indien jy aangeval word: 1. Bly kalm anders maak jy die aanvaller senuagtig. As iemand jou jaag probeer iets tussen jou en die aanvaller kry.

2) As `n wapen teen jou gebruik word wys jou hande. Vermy oogkontak. Laat die aanvaller vat  wat hy wil hê. Wys eers vir die aanvaller jy werk saam. Indien jy kan baklei, gebruik die verassingselement en gaan oor na aksie.

`n Paar moontlike grepe wat aanvallers gebruik word gedemonstreer en daarna oefen die dames dit.

 

Bernadine en Monty demonstreer `n moontlike aanval.

 

 

Biebie de Kock (links) en Talitha Botha oefen hoe om hulself te verdedig.

 

 

Anne de Beer (middel), saamroeper van Openbare Sake, saam met Bernadine en Monty.

 

 

 

Post a comment