Wees veilig

 

Wees veilig

Posted by VLV in News, Wellington Tak 28 Jul 2017

Sirkel: Paarl

Tak: Wellington

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: Juanita Loubser

Datum van gebeurlikheid: 27 Julie 2017

 

Jou solar plexis is darem maar belangrik in die liggaam. Ja, met sagte massering van die handpalms en die sagte deel onder die voete, kan jy sommer lekker ontspan en stress ontlaai tydens refleksiologie. Alet Bulloch (een van ons lede) het ons kennis kom verbreed en ‘n kort praatjie gelewer oor refleksiologie wat gebruik kan word om sekere kwale op te los sonder om enige vorm van medikasie te gebruik. 3-4 dae na refleksiologie voel jy nie goed nie a.g.v die ontgiftingsproses wat plaasvind in jou liggaam.

 

Wellington se Kommunikasie Beampte by die plaaslike SAPD, kaptein Basil Seekoei was ons hoofspreker met sy insiggewende wenke oor hoe om misdaad te veminder en voorkom.

  1. Loop met jou handsak waar hy sigbaar is, nie agter jou skouer nie. Anders kan enige iemand iets uithaal en jy is nie bewus daarvan..
  2. Moenie met ‘n handsak bo in ‘n trollie loop nie.
  3. Moenie jou sak of waardevolle items op karsitplek sit nie, Enigiemand kan deur die venster sien en dit dalk wil hê.
  4. As jy baie kontant op jou het, moenie dit blootstel dat almal sien jy het ‘n vet beursie nie.
  5. Wees bedag waar jy in die publiek op jou selfoon praat en gebruik. Iemand kan jou volg, want hy wil dit graag bekom.
  6. Pasop wanneer jy op sosiale media verkondig waar jy jou bevind en jou profiel se instellings is nie korrek nie. daardeur kan menigte sien jy nie tuis nie en ‘n draai gaan maak sonder dat jy bewus is daarvan.

 

Jy skep geleenthede waar misdaad en huisbraak kan plaasvind. Wees bedag op sulke situasies en moenie die noodlot tart nie. Hy gee ook die plaaslike stasie se nommers vir noodgevalle vir die lede.

 

Ongelukkig kon ons geen foto’s neem van hierdie kaptein nie, want hy moes weer terug op sy openbare pos.

 

Post a comment

twenty − seventeen =