Wees altyd elegant geklee

 

Wees altyd elegant geklee

Posted by VLV in Durbanville Tak, News 10 May 2019

Sirkel: Tygerberg

Tak: Durbanville

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: Hester Geringer

Datum: 9 Mei 2019

 

 

Eldine MacRobert saam met ons voorsitter Ester de Bruyn. Eldine is ‘n voorkomskonsultant, en het met ons gepraat oor die stylvolle volwasse vrou. Sy het genoem dat die stylvolle vrou weet wie sy is en het vrede gemaak met haarself. Elemente van styl: sy moet klere en kleur dra wat by haar pas met baie selfvetroue en grasie en vriendelik en hoflik wees. ‘n Wit knopies hemp of strepies is altyd  ‘n wenner. Dra elke dag elegante klere en moenie sommer net omdat jy by die huis is altyd dieselfde wil wees nie. Deur altyd op jou beste te lyk voel jy ook beter.

 

 

 

Nicolette van der Walt. Sy het ons teetafel baie mooi versier en aangesien dit die Leefstylvergadering was, het sy sommer haar ma se ou masjien gebring met papierpatrone en ook as versiering gebruik.

 

 

Post a comment