Watertandresepte uit die Sandveld

 

Watertandresepte uit die Sandveld

Posted by VLV in Leipoldtville Tak, News 27 Jul 2017

 

Sirkel: Weskus

Tak: Leipoldtville

Portefeulje: Leefstyl en Kunste en Handvlyt

Beriggewer: Elsabe Carstens

Datum: 26 Julie 2017

 

Rina Theron, ‘n stigterslid, stel haar boek bekend op ons vergadering gehou op Woensdag, 26 Julie 2017.

 

Lede woon die vergadering by waar Rina Theron haar boek, Sandveldkos, voorgestel het.

 

Sandveldkos: Kosnostalgie en stories van gister, bevat ook meer as 20 persoonlike onderhoude met profiele van bekendes uit die Sandveld wat hul mees kosbare onthou-resepte deel.  In die vier hoofafdelings van die boek kan jy  lees oor die vindingryke planne wat boervroue van weleer gemaak het om hul huishoudings te versorg en veldmedisyne wat gebruik is om enigiets van ‘n kopseer tot aambeie hok te slaan:  Interessante stories en die onnutsigheid van sommige karakters sluit die leeservaring af.

 

Geskiedenis van die Sandveld

Kookkuns van die Sandveld

Huiswenke en huisapteek van die Sandveld

Stories van die Sandveld

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

‘n MOET lees-boek vir almal wat hunker na oupa se staaltjies en ouma se kos.

Vandat Rina Theron in 1976 op die plaas Aan Het Berg in die oorspronklike opstal met sy kleimure en rietdak ingetrek het, het die geskiedenis en stories van die Sandveld aan haar deur kom klop.  Eers was sy net boervrou en Ma en later het omstandighede haar genoop om self te boer.  Hierdie eerste boek uit haar pen is nou wel nie ‘n geskiedenishandboek nie, maar sommer net ‘n lekker onthouboek oor die Sandveld en sy mense.

 

Op die foto van links agter:  Vooristter, Elsabe Carstens, Rina Louw, Jowepie Schreuder, Hannah Louw, Mietjie Louw, Laetitia Sullivan (Rina se dogter, wat die Redigeerder was) en Madelein Visser.
Voor van links na regs:  Griet Valentyn, Rina Theron, Anna Danster en Alie la Grange.

 

Daar is artikels en resepte van al die groep dames op die foto in die boek. Tannie Hannah is vandag nog steeds lid van ons VLV.

 

Op die foto hierbo oorhandig Rina Theron, een van ons Stigterslede van Leipoldtville tak, haar boek, Sandveldkos aan Elsabe Carstens, Voorsitter van die tak.

 

 

 

 

 

 

 

Post a comment

four × two =