Wat verklap jou bloed alles?

 

Wat verklap jou bloed alles?

Posted by VLV in News, Nieuwoudtville Tak 26 Oct 2018

Sirkel: Namakwaland

Tak: Nieuwoudtville

Portefeulje: Gesondheid

Berriggewer: Erika Kotzé

Datum: 26 Julie 2018

 

Gesondheid vertel van Patalogie, die Ruggraat van die Diagnostiese Span asook Noodhulp:

 

Nieuwoudtville VLV se Gesondheid portefeulje het op 26 Julie 2018 in die kerksaal ‘n praatjie aangebied om lede in te lig oor die belangrike werk wat gedoen word deur Pataloë asook van basiese Noodhulp.

 

Magriet Kotze van die pataloë in Vredendal, Path Care laboratorium het meer vertel van haar beroep as Mediese Tegnoloog. Hul is die “Ruggraat van die Diagnostiese Span”. Elke verskillende kleur bloedbuisie het ‘n verskillende tipe bloedtoets wat uitgevoer gaan word. So byvoorbeeld is die pers gemerkte buisie gewoonlik om te toets vir infeksie.

 

Magriet Kotze en Elmarie Spangenberg

 

Louvaine Roos het met die hulp van Thelma van Niekerk ‘n baie leersame noodhulp demonstrasie aangebied. Die klem was op: “wat sal jy maak in ‘n nood situasie?”  ‘n Goeie noodhulp kursus duur gewoonlik tien werksdae en hul praatjie was meer oor basiese wenke in ‘n nood situasie. Die lede het werklik baie geleer by hierdie belangrike aanbieding.

 

Louvaine Roos en Thelma van Niekerk

 

Belangrike noodnommers:

Ambulans beheerkamer: 0273411414

Polisie:           0272188000

Kliniek:           0272181349

African Snake Bite Institute: 0824942039

 

Baie belangrik om op jou selfoon ‘n kontaknommer te stoor onder ICE = In Case of an Emergency, soos byvoorbeeld jou man se nommer. Dit word deur noodpersoneel gebruik om jou naasbestaandes te kontak.

 

 Blomme: Dis Winter gewen deur Anneleen Verster

 

Daar is ook deelgeneem aan die volgende kompetisies: foto – feestelike kuier; blommerangskikking – dis winter; gehekelde servetring; vlakoek; ingelegde kwepers met sherry en rooibostee likeur.

 

 

 

 

 

Post a comment

six + 16 =