Wat is ‘n Lewens Afrigter?

 

Wat is ‘n Lewens Afrigter?

Posted by VLV in News, Nieuwoudtville Tak 22 Jun 2018

Sirkel: Namakwaland

Tak: Nieuwoudtville

Portefeulje: Leefstyl

Berriggewer: Erika Kotzé

Datum: 21 Junie 2019

 

 

Leefstyl vergadering vertel ons meer van ‘n Lewens Afrigter.

VLV Nieuwoudtville het op 21 Junie ‘n Leefstyl vergadering met ‘n verskeidenheid van onderwerpe  gehou.

 

“Wat is ‘n Lewens Afrigter?” deur Irma van Niekerk. LC=Life Coach.

‘n LC is NIE n Sielkundige nie.

‘n LC hoef nie n Sielkunde graad te hê nie

‘n LC hanteer nie Trauma nie

‘n LC hanteer nie onverwerkte probleme uit jou verlede nie.

Terwyl ‘n Sielkundige na emosionele- en gedragsprobleme kyk en help om traumatiese ervarings te verwerk.

‘n Sielkundige kyk na probleme uit jou verlede “hoekom is jy nou hier en waar jy tans in jou lewe is”.

‘n LC kyk nie na die verlede nie,

‘n LC kyk na waar jy NOU is, en waarheen jy oppad is – … waar jy WIL wees, wat jy WIL bereik.

Life coach ~ Lewens afrigter

“By changing nothing, nothing changes.” – Tony Robbins                             

Elke mens word onderwerp aan veranderings: dit is Onvermydelik.

Mense reageer verskillend op verandering. Nie almal neem maklik besluite nie.

‘n LC is ‘n soort afrigter, of berader, om te help met belangrike oorgangsfases in jou lewe. Help om doelwitte te beplan en stappe te neem om daardie doelwitte te bereik.

‘n LC gee raad en leiding om jou te help om die moeilike veranderings en besluite te hanteer wat jou op die pad na sukses sal plaas, om by jou mikpunt uit te kom.

‘n LC ondersoek en ontdek die struikelblokke wat in jou pad staan en besluit op ‘n plan van aksie om jou lewe te verander soos jy dit wil hê.

 

Met watter uitdagings help ‘n LC?

  • Om gewig te verloor
  • Om meer gesond te leef
  • Om Finansiële doelwitte te bereik
  • Egskeidings
  • Verhoudings
  • Huiskoop
  • Loopbaan keuses
  • Of hoe om bevordering te kry in jou loopbaan
  • Aanpassing na verhuising of nuwe omgewing of omstandighede
  • Om jou selfvertroue te versterk en weer te laat voel dat daar sin en ‘n doel in die lewe is.

 

‘n LC werk met iemand se potensiaal – waartoe iemand in staat is. En gee hom die “tools”/gereedskap, wat en hoe jy moet optree om ‘n situasie aan te pak.

Hy/sy gee konkrete voorbeelde hoe situasie benader moet word. Baie belangrik – ‘n LC kyk objektief omdat hy nie self betrokke is nie. Omdat jyself of jou geliefdes, te betrokke is by ‘n probleem, of uitdaging, kan ‘n  mens nie altyd objektief daarna kyk nie. In die proses bevorder dit jou selfvertroue.

 

Die LC kyk as ‘n objektiewe persoon na jou situasie en gee spesifieke praktiese wenke/raad   hoe om op te tree.

Sy vat jou deur die hele proses en met opvolgbesoeke kan sy agterkom deur na jou te luister, of jy vorder of nie. Met opvolgbesoeke versterk, en beklemtoon  sy wat jy moet doen en lê klem daarop om dit deur te voer.

 

Met die hulp en ondersteuning van n LC, kan baie mense groter hoogtes of drome bereik. – Meer suksesvol wees. Baie bekende suksesvolle mense, het ‘n LC wat hulle op ‘n gereelde basis besoek om hulle doel te bereik.

 

Anneleen Verster het die lede ingelig oor hoe om jou snyblomme langer te laat hou.

 

 Tafelversiering deur Anneleen Verster

 

 

 

 

 

 

Louise van Heerden het weer gewys hoe om met plastieksakke te hekel.

 

 

 

 

Hekel met plastieksakke

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Appliekwerk demonstrasie deur Anita Hattingh.

 

 

Appliekwerk deur Anita Hattingh

 

Kralebreiwerk, – brei ‘n sakkie met krale vir die kompetisie deur Irma van Niekerk.

 

Mandie Kotze het die dames aangemoedig om deel te neem aan Sirkel Namakwaland  se takprojek, om ‘n kombers te hekel.  Verskeie dames het ingestem om hieraan deel te neem.

 

’n Verskeidenheid van sop en tuisgebakte brood, is te ete bedien. Met elke vergadering kuier die dames gesellig saam.

 

Die lede het ook deelgeneem aan die volgende tak kompetisies: ‘n Foto van ‘n plaaspad met landskap in kleur, blomme rangskik in sink vir stoep.  Pampoen-blatjang is gebottel. .Die handwerk was ‘n speldekussing. Die mikrogolf gebak was ‘n Kersfeeskoek.

 

 

Foto van plaaspad met landskap in kleur

 

 

 

Handwerk – speldekussing

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Nog ‘n speldekussing

Post a comment

1 × 4 =