Wat het ons as vroue om te bied?

 

Wat het ons as vroue om te bied?

Posted by VLV in News, Velddrif Tak 22 Jan 2020

Sirkel: Weskus

Tak: Velddrif

Portefeulje: Opvoeding en Kultuur

Beriggewer: Cornelia van Dyk

Datum van gebeurlikheid: 22 Januarie 2020

 

 

Kon Koegelenberg, skoolhoof van Weskusskool stel die dansers aan ons voor. Hy vertel ons meer van die kinders asook van die prestasies van die groep. Hierna lewer hulle vir ons 3 ongelooflike mooi, vinnig en uitsonderlike danse. Lin Smit bedank hulle en spreek haar bewondering uit oor die kinders se voete wat so vinnig beweeg.

 

Riel dansers

 

 

 

 

Rina Brink- Skoolsielkundige

 

 

 

 

 

Gina Smit stel Rina Brink aan ons voor.  Sy lewer n praatjie oor “Belê in Vrouwees” wat ook ons tema van die jaar is. Om ‘n belegging te doen moet daar ook ‘n teen prestasie wees.

 

 

 

Wat het ons vroue om te bied?

Tyd:  Wat ons met ons tyd doen is ons eie keuse.

Geld: Ons sê so baie ons het nie geld nie maar ons kan dit spandeer om onsself mooi te maak

Geleende kreatiwiteit, intellektuele uitdagings: gaan ons gee of gaan ons ander leer om op hulle eie reg te kom.

Ons het ook spesifieke vaardighede en emosionele vaardighede.

Vroue het ook ‘n rolverwagting bv:

Tuisteskepper, onderhandelaar, reisgenoot, ekonoom, opvoeder en nog vele meer.

Vroue moet kan aanpas by die veranderde waarde sisteme. Gaan jy uitleef waarvoor jy staan of is it ‘n geval van “it rubs off as we go”

Vroue moet toegerus wees met:

–          V   Visie

–          E   Empatie

–          R   Retrospeksie

–          A   Aanpas (nie inpas)

–          N   Netwerk

–          D   Deursettingsvermoë

–          E   Eerlikheid

–          R   Respek

–          I     Integriteit

–          N   Nooit opgee nie

–          G   Goddelik ge-inspireer

Ons kan hierdie land binne 24 uur omkeer as ons bid en glo dat daar  antwoord op gebede is.

Vroue moet hulle denke vernuwe.  Ons het baie om te bring maar ons moet versigtig wees om nie die ontwikkelings doel te mis nie.

 

 

 

 

 

Anita Rossouw –  oudste VLV lid

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Amanda Basson- Meeste punte op kongres, hekelwerk

 

 

 

 

 

 

 

 

Christine du Plessis – meeste punte 2019

 

Leave a Reply