Waar daar ‘n wil is…

 

Waar daar ‘n wil is…

Posted by VLV in Despatch Tak, News 25 May 2018

Sirkel: Middelland

Tak: Despatch

Studierigting: Leefstyl

Beriggewer: Suzette Schoeman

Datum: 24 Mei 2018

 

Michelle Stadler  vertel  sy  het fisioterapie studeer. Sy  het 5 jaar as terapeut by 2 skole gewerk met serebraal gestremde kinders. Sy het ook ‘n kleuterskoolprogram geskryf en sy is mede- eienares van 6 kleuterskole.

 

Sy vertel  hoe sy gewig verloor het. Sy het in die afgelope 4 jaar, 37 kg verloor. Sy was  ‘n finalis in ‘n kompetisie gehou deur FINESS.

 

Lynette Martin, President van  Sirkel Middelland,  vertel  meer van”  ECO-BRICKS . “ Ons moet alle plastiek herwin. Die plastiek word in ‘n 2 liter koeldrankbottel gedruk. Die bottel moet omtrent

500 g tot 800g weeg.  Die “ boustene “ word gebruik as stene om geboue en mure te bou.

 

Tydens die vergadering  neem Despatch VLV afskeid van Petra van Eeden wat 39jr lank lid was. Sy is ‘ n deugsame vrou, haar hande staan vir niks verkeerd nie en sy is altyd bereid om die ekstra myl te stap. Petra verhuis na Durbanville.

 

Na die praatjies het almal heerlik saam gekuier om die kaas- en wyn tafel.

 

 

 

 

Gaste en lede wag vir die vergadering om te begin.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die gaste luister aandagtig na die opening.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Michelle Stadler aan die woord

 

Lynette Martin, Sirkelpresident, verduidelik hoe om plastiekbottels te vul met plastiek en lekkergoed papiere

 

Petra van Eeden, links, en Moniques Büchner, Voorsitter van Despatch-Tak

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Heerlike verversings is aan die gaste voorgesit.

 

 

 

 

 

 

 

Post a comment

1 × 3 =