Vryburg leer van waskuns

 

Vryburg leer van waskuns

Posted by VLV in News, Vryburg Tak 02 Aug 2017

 

Sirkel: Kalahari

Tak: Vryburg

Beriggewer: Nellie Viljoen

Tema: Kunste en Handvlyt

Datum: 1 Augustus 2017

 

Vryburg VLV maak kennis met enkoustiek ook bekend as waskuns. Hars, pigment en byewas word verhit met ‘n hittebron soos ‘n strykyster of stilis en op papier, karton, doek of hout gebruik om kleure te vermeng. Marietjie Steyn wys ook hoe om dit op kreatiewe wyse met ander media te kombineer. Dit is baie duursaam en die eindproduk word verseël met ‘Wax sealer’.

 

Alta Boshoff vertel van haar ondervindinge in Turkye en Griekeland waar sy as deel van ‘n uitreikspan vlugtelingkampe besoek het, meestal Moslems uit Sirië, Iran en Irak. Toestande in die kampe is haglik en daar bestaan geen werksvooruitsigte nie. Geweld breek gereeld uit in die kampe. Hul is vir kos van donasies afhanklik en baie dae is daar net nie genoeg vir almal nie.

 

Die span leer vooraf kulturele gebruike hoe om op te tree, soos geen oogkontak met mans en om hul nie met die hand te groet nie. By geboue word alle skoene uitgetrek.

Die vroue het geen menseregte nie, huwelike word gereël en ondertrouery veroorsaak dat liggaamsgebreke algemeen voorkom. Selfs in uiterste somertemperature is hul steeds van kop tot tone bedek met ‘n boerka.

Die kinders het met geweld in die oorlog grootgeword en die gevolge is steeds duidelik in hul gedrag en speletjies te sien.

 

 Alta Boshoff en Marietjie Steyn

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Marietjie aan die werk

 

 

 

 

 

 

 Waskuns

 

 

 

 

Post a comment

ten + ten =