Vryburg leer van Verslawing

 

Vryburg leer van Verslawing

Posted by VLV in Vryburg Tak 27 Jan 2015

Sirkel:  Kalahari

Tak:  Vryburg

Portefeulje:  Openbare Sake

Beriggewer:  Nellie Viljoen

Datum:  27 Januarie  2015

 

vryburg

 

Vryburg VLV het die jaar afgeskop met ‘n insiggewende vergadering rondom die probleme van verslawing.  Gert le Roux, voorsitter van die CAD, het die erns en omvang van die probleem geskets.  Selfs op die platteland is dwelms maklik bekombaar en nuwe vorme maak daagliks hul verskyning. Kinders word voor die keuse gestel aangesien dit oral op straat en in skole beskibaar is.

 

Die Christelike Afhanklikheidsdiens of CAD werk onder alle bevolkingsgroepe. Afhanklikheid skep groot probleme in gesinne, kan lei tot werkloosheid en moedig kriminialiteit aan.  Alkoholisme neem vining toe onder vroue en dit word langer geheim gehou, aangesien dit die gesin erg ontwrig. Gert is reeds 25 jaar ‘n gerehabliteerde alkolis en vertel van al die wegsteekplekke wat alkoliste in hul eie huise gebruik.

 

Dit is belangrik om eers ‘n persoon se vertroue te wen voor hulp ingeroep word. Die CAD staan persone by om te gaan vir behandeling wat gewoonlik drie weke duur. Hulle bied ondersteuning aan die huisgesin en enige vrywilliger is welkom om hul gereelde byeenkomste by te woon.

 

vryburg1

 

Elsa Jonker het daarna gewys wat kan met Annie Sloan se kalkverf gedoen word. Dit kan op enige oppervlak aangewend word, geen skuur of onderlaag is nodig nie, was net deeglik met suikerseep. Met min geld of moeite kan ‘n vertrek omtower word. Esta Twigge was die wenner van gratis verf.

 

vryburg2

 

Nellie Viljoen, lid van die tak, het ‘n volledige Bybelblokraaigids bekend gestel wat sy saamgestel het.  Dit bevat alle name en plekname met kruisverwysings en skrifverwysings en is gerangskik volgens die aantal letters in elke woord.

 

 

 

Post a comment

three × 3 =