Vroue met Visie

 

Vroue met Visie

Posted by VLV in Heidelberg Tak 17 Feb 2015

Sirkel:  SWD

Tak:  Heidelberg

Portefeulje:  Leefstyl

Beriggewer:   Driekie Uys

Datum:  17 Februarie 2015

 

Lettie Breytenbach, ‘n baie toegewyde VLV-lid, het die dames gemotiveer met die volgende praatjie.

 

 

IMG_3420

 

 

VISIE?  Prentjie wat jy vir jouself sien, dit is nie ‘n stillewe nie, maar ‘n  rolprent, iets waarna jy strewe.

 

V – vergesig, droom wat jy het. God het ‘n droom vir jou. ‘Dare to be different’

I – ingelig wees om ‘anders’ te wees,  lees baie, stimuleer intellek, gebruik intuïsie om

prentjie vas te lê, laaste gedagte in aand voor jy gaan slaap, moet die prentjie wees.

S – Skuinskonformerend, dwars, val in by lewenswaardes, maar wyk soms af

I – Ideologies, skep eie idee-wêreld,  leef uit, sê dit.

E – Edelheid, nie afbrekend wees nie, edel wees kan veranderend wees,

ekstensieel – inpas in wat in lewe aan gaan,

eklekties – neem bietjie van alles en laat di twerk vir jou om jou unieke beeld te skep.

 

 

Visie is die embrio wat rigting gaan bepaal.

 

 

Missie is die pad wat jy loop om die doel te bereik.

 

 

M – missionaal ( reik uit na ander mense, nuwe neiging in Suid-Afrika)

Mediteer: krag kom van Bo af,

Moed om deur te druk

I –  ingespin word in vereniging/verhouding wat jy het

Inspirasie(opgewondenheid) in doelwit

S – sing , wees vrolik, dis aansteeklik veral dankie vir vereniging waaraan ons behoort.

S – skrik , kan skrik as jy deur moeilike tyd gaan(dip vang). Jesus waarsku ons teen moeilike

tye. Sulke tye bring jou terug na realiteit toe. Jesus se opstandingskrag is in ons.

I –  bly ingeprop by jou God – Een wat jou stuur om doel te volbring. Jy is die

verwarmer/ketel om ander opgewonde te maak.

E – evalueer, dink na oor jou missie, is jy nog op regte pad? As jy afwyk, beplan weer. Met

foute: leer daaruit om nog beter te doen.

 

Doelwitbereiking:  Goeie wisselwerking tussen lede?

Wil ek regtig ‘n verskil in gemeenskap maak?

Wil ek as VLV vrou wees: vroue loop verskillend, saam het ons ‘n

Pligsbesef?

Post a comment

5 × 3 =