Vroue leer in drieë

 

Vroue leer in drieë

Posted by VLV in News, Vredendal Tak 26 Jan 2018

Sirkel: Namakwaland

Tak: Vredendal

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: A Beelders

Datum: 25 Januarie 2018

 

 

Ds Jan Fourie het by Vredendal se eerste VLV vergadering van die jaar ‘n  gewaarborgde, beproefde resep gegee om 2018 te hanteer. Dit bestaan uit drieë. Dinge in die lewe wat nie weer terugkom nie is tyd, woorde en geleenthede; dinge wat jy nie moet verloor nie is moed, hoop en jou humeur; die waardevolste drie dinge is geloof, gebed en liefde; dinge wat jou vorm is harde werk, vindingrykheid en verantwoordelikheid; dinge wat jou kan vernietig is lusteloosheid, trots en woede; dinge wat konstant is, is God, veranderinge en die dood; Wesens wat jou lief het en nooit sal verlaat nie is die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Hy vra God drie dinge vir die lede, seën, leiding en beskerming.

 

 

Na die besielende boodskap was die lede gerat vir die jaar wat voorlê. Rita Eitner het sommer weggeval met die moets en moenies van onthaal. Alles bymekaar gesit, kom dit neer op die kuns om jou gaste welkom te laat voel en met wellewendheid gesellig te verkeer. Van die regte én praktiese manier van tafeldek tot die bedien van geregte en die gebruik van wyn aan tafel het aan die bod gekom.  Die lede het geen te kort aan vindingrykheid nie.

 

Mev Sanet Ras, Elmarie Fouche en Ds Jan Fourie

 

Mevv Sanet Ras, Elmarie Fouche, Rita Eitner en Pat de Waal.

Post a comment

five × four =