Vroue is rykdom

 

Vroue is rykdom

Posted by VLV in News, SIRKEL NUUS 05 Mar 2020

Sirkel: SWD

Konferensie

Beriggewer: Marietjie Albrecht

Datum: 4 Maart 2020

 

Dankie Ds Jan

dat jy weet dat ‘n vrou kan!

‘n Belegging groei slegs vlg wat jy daarin belê

so is ‘n vrou dan ook wat haar man van haar dink en sê.

Vlg Genesis het Adam gesê: “Nou’s ek voltooi”

met Eva ,sy ander helfte–ooo so mooi!

Noueers kan hul ‘n toekoms voortbring

wat met alles en almal kan meeding.

 

Soos in hooglied en Spreuke31 opgesom:

VROUE  íS RYKDOM.

 

Hugo Theart word groot in ‘n VLV huis

daarom voel hy vandag tussen blomme en breiwerk so tuis.

Hy skitter as hoof van die KKNK,

Volgens menigte ‘n kunstefees sonder weerga.

Hy lees die 22jarige Camil se “Be a lady; they said”

en dit het ons nou van ander se verwagtinge gered.

Belê in jouself en wees wie jÿ wil wees

Laat ons as vroue saamstaan en so ‘n toekoms ingaan– sonder vrees.

 

SWD sê dankie aan Lise de Beer

wat rondom haar raakgesien het soveel se seer.

So ontstaan die Lighuisprojek

wat vanaf 2011 noual oor baie jare strek.

Van pizzas uitdeel op Mandeladag

tot 67 dae van mooimaak, stories lees en lekker lag

Gaan die Nali Bali-en damesklubs van krag tot krag.

Die skoonmaak van treinwaens en hekel met afvalplastiek

maak dié gemeenskap se normaal nie meer siek.

 

Lynette van Rensburg vertel hoe om jou huis

te metamorfeer van “moegge” tot [HUGGE] ” Hoo ga”.

Helder die vertrekke op vlg seisoene en voel tuis

“Upcycle” met verf en stensils jou meubels van toeka.

Skilderye in temas van mediums of rame of kleure

kerse, wierook en plante verskaf lieflike geure.

Meubels raak aan die mat in ‘n U, L, of vierkant vormasie

5×7 is die reël dames, 2 of 3 kuierhoekies in hierdie spasie.

Hou vensterspasies eenvoudig met skoon lyne

óf blindings óf gordyne van sonblok en bo-oor dan die fyne.

Juweelkleure is die nuutste neiging

rou hout, sement en koper maak ook nou weer hul buiging.

 

From California to Calitzdorp came a lady

to enjoy and enhance the Karoo culture

of succulents like spekboom, vygies and aloes

which celebrate life with their beautiful halo’s

Her passion is gardens in a container

as long as there’s a hole in as a drainer.

Soil, light, water, fertilizer, pest control and ventilation

will turn your succulent garden also into a celebration.

 

Verkeerde postuur is die nuwe woord vir oudword

wanner tot 75% van mense ter wêreld korter word.

Volgens Amoré Barry is hard werk as jy jonk is

baie beter as voor ‘n rekenaar sit en rus!

Hoe krom gaan die huidige generasie nie wees

want vooroor sit, is soos 200 kg op jou rug– ek vrees.

Onthou: dubbelken, hou jou water binne, trek op jou zip, sagte knieë en jy sal sien

This good posture does not only look good but also keeps the farts in!!

 

‘n Stukkie van sy hart kom Hannes Visser deel

ver uit sy verlede, so broos en teer.

Niks berei jou voor vir die lewe se seer

en dit wat jou vreugde so maklik kan kom steel.

Maar met ‘n tassie vol fotos en gedigte

Kyk hy die wêreld vierkantig in die oë- sonder gister se eina en sugte.

 

Die kulturele gids, Peter Gray, is opgelei en gesertifiseerd

want die raad van nasionale gedenkwaardighede

het soveel reëls– want dinge loop maklik verkeerd.

As die geld opraak, staak alle werksaamhede.

‘n Baie interessante praatjie met baie feite

van beroemde argitekte en al hul geite.

Té veel om neer te pen

vra maar vir Peter– hy ken!!

 

Baie dankie Oudtshoorn en Calitzdorp

vir ‘n goed georganiseerde, hittige konferensie.

Die heerlikste kos en wonderlike geskenke en wenke.

Ons gee vir SWD ‘n uitstekende resensie!

 

 

 

Leave a Reply