Vrolike Velddrif word 80

 

Vrolike Velddrif word 80

Posted by VLV in News, Velddrif Tak 05 Jun 2015

Sirkel:  Weskus

Tak:  Velddrif

Gebeurlikheid:  Velddrif –tak word 80

Beriggewer:  Cornelia van Dyk

Datum:  5 Junie 2015

 

 

 

Velddrif vier haar 80ste verjaardag met ‘n vrolike saamkuier in die stadsaal.

 

20150605_174203 (Custom)

 

In die voorportaal is die gaste in ‘n tuin verwelkom.  Die tak glo en leef dit uit dat mens  moet blomme dra daar waar jy geplant is.

 

IMG_5822 (Custom)

 

By stalletjies wat verskillende lande, bv, Frankryk, Suid-Afrika, Mexiko uitbeeld, was heerlike disse te proe.  Gaste het gesmul aan o.a. Carbonara pasta, Paella, Nachos, wildsvleis en kolwyntjies versier met die “Stars and Stripes”.  Darling Wynkelder het die kos met hul voortreflike wyne gekomplimenteer.

 

IMG_5797 (Custom)

 

Die tak se eie Kokkedoor, Riette Strydom, het gesorg vir die mooi (en lekker!) verjaardagkoek.  Sinnie Koegelenberg, die voorsitter, het ‘n heildronk op die tak ingestel.

 

IMG_5813 (Custom)

 

Daar is lekker gelag en saam herinneringe uit vervloë dae opgediep.  Velddrif is voorwaar oorgehaal vir hulle volgende 80 jaar.

 

 

Post a comment

twelve − 2 =