Vrolike kussings vir aftree-oord

 

Vrolike kussings vir aftree-oord

Posted by VLV in News, Porterville Tak 08 Dec 2017

Sirkel:  Weskus

Tak:  Porterville

Beriggewer:  Louwna Hoving

Datum:  7 Desember 2017

 

 

VLV BEJAARDEPROJEK: Huis Nerina

 

Die lede van VLV Porterville het 30 kussings geskenk aan Huis Nerina om hulle sitkamer se voorkoms te vernuwe.  Die kussings is deur lede geskenk en die oortreksels is gemaak deur Lydia Liebenberg en Emelda Cruywagen.  Die Voorsitter het ook ‘n groot houer vol broodknip-pies oorhandig wat gebruik kan word vir die aankoop van ‘n rolstoel.  Voorts skenk die Tak ook na elke vergadering toiletware aan hulle vir gebruik deur die minderbevoorregtes.  Die Tak teken ook jaarliks in op Die Burger wat daagliks afgelewer word vir die inwoners van Huis Nerina.

 

 Aletta Visagie, Voorsitter van die ACVV, Lydia Liebenberg, Saamroeper Leefstyl, Mary-Ann van Schalkwyk, Voorsitter VLV Porterville en Anita Odendaal, Bestuurder van Huis Nerina.

 

 Die inwoners neem die kussings in ontvangs.

Post a comment

three × five =