Vrolike afsluiting

 

Vrolike afsluiting

Posted by VLV in Loerie Tak, News 20 Nov 2015

Sirkel: Suid-Ooskus

Tak: Loerie

Beriggewer: Hester Marx

Datum: 19 November 2015

 

Ons het die jaar afgesluit met ‘n vrolike oggend by Le Chameleon in Humansdorp waar elkeen na eie lus en smaak haar ete kon kies.

 

Diegene wat gedurende die jaar aan kompetisies deelgeneem het, het hul welverdiende pryse ontvang en hopelik die res aangespoor om ook in 2016 deel te neem.

 

Elkeen moes ‘n geskenk saambring wat uitgedeel is met die hulp van gelukkige nommers.  So is niemand met leë hande huistoe nie.

006 geskenke

Geskenke vir een en almal

 

Jean Steenkamp, Voorsitter vir die afgelope vyftien jaar, het besluit om uit te tree. Ons kan haar nie eintlk ‘n rustige tyd toewens nie want sy is in 2016 sameroeper vir Leefstyl. Met ‘n hartlike welkom aan die nuwe Voorsitter, Petro Steenkamp, sluit ons die jaar 2015 af. (Nee, Jean en Petro is nie verwant aan mekaar nie!)

007 voorsitter

Petro Steenkamp (nuwe Voorsitter), Jean Steenkamp (gewese Voorsitter)

 

 

 

 

 

Post a comment

one × 4 =