Vreemde wesentjies

 

Vreemde wesentjies

Posted by VLV in Loerie Tak, News 20 Jun 2014

Sirkel: Suid-Ooskus
Tak: Loerie
Portefeulje: Kunste en Handvlyt
Sameroeper: Charlo Blignault
Beriggewer: Hester Marx
Datum: 19 Junie 2014

Die dames is Donderdag begroet met ‘n uitstalling van vreemde wesens, waarvan sommige heel vreesaanjaend was. Die beste is dat die skepper van dié wesens in ons midde bly en ons dit nooit geweet het nie!

Kopbeenversamelaar.

Kopbeenversamelaar.

 

Heineche Smith is ‘n grafiese kunstenaar wat van ‘n “poster” tot ‘n pasklaar advertensie vir bv. ‘n sanger se motor kan ontwerp. Die beeldjies van Heineche word van verskillende tipes klei gemaak. Dit is ook nie net vir ‘n figuur vorm uit klei nie. Nee, die kop, hande, voete en ander fyner deeltjies word afsonderlik gemaak en dan aan die torso geheg. Nog middels wat dikwels gebruik word, is aluminiumdraad, foelie, aansteker-vloeistof en Vaseline. En daardie bioniese arm was eens deel van ‘n rekenaar se binnewerke.

Man met bioniese arm.

Man met bioniese arm.

Man met swaaiende swaarde.

Man met swaaiende swaarde.

Post a comment

4 + 7 =