Vredendal VLV reik uit na senior burgers in die gemeenskap

 

Vredendal VLV reik uit na senior burgers in die gemeenskap

Posted by VLV in News, Vredendal Tak 06 Sep 2010

Ds. Anton Verwey, plaaslike leraar van die Moedergemeente, het die oggend geopen. Wat God doen is groot. Hoe ontsettend lief en goed is God nie, al het ons ‘n gryse ouderdom bereik. Hy sorg elke dag vir ons gesondheid en lewenskragte. Watter voorreg is dit nie om so heerlik saam te kan kuier en al die voorregte te kan geniet nie?

 

Daarna het Philip Verwey, begelei deur sy moeder op die klavier, ons verras met sy blokfluit spel. Volgende aan die beurt was Gideon Basson ‘n leerling van die Hoërskool Vredendal, wat ons laat skaterlag het met sy prosa “Elizabeth”.

 

Laastens het die Moemfie Kleuterskool vir ons 2 kort uittreksels uit hul komende skoolkonsert “Die Towenaar van Oz” gelewer. Daar is ook tydens die vergadering sagte    speelgoed aan Me Ina van Rhyn van die Olifantsrivier Vereniging vir Liggaamlik Gestremdes oorhandig. Dit is deel van ons VLV projek.

 

Die oggend is afgesluit met ‘n heerlike kuier van eetgoed en tee. Dankie aan elkeen wat die oggend so spesiaal vir elke senior burger gemaak het.

 

Gedagte
Jy beleef ‘n volmaakte dag wanneer jy so ‘n groot weldaad aan ‘n ander bewys, dat hy nooit in staat sal wees om jou terug te betaal nie.

 

Berig deur Carien Nieuwoudt.

Post a comment

14 + 11 =