Voorkoming is beter as noodhulp

 

Voorkoming is beter as noodhulp

Posted by VLV in Loerie Tak, News 22 Jul 2016

Sirkel: Suid-Ooskus

Tak: Loerie

Portefeulje: Gesondheid

Sameroeper: Joyce Puttergill

Beriggewer: Hester Marx

Datum: 21 Julie 2016

 

Kennis van noodhulp is noodsaaklik en moet gereeld opgeknap word. Marlene Wide weet alles van noodhulp, maar hierdie praktiese dame leer ons ook hoe om ‘n moontlike krisis te voorkom. Dink ook eers aan jou eie veiligheid voordat jy help.

 

 

Moet nooit babas en klein kindertjies met ‘n ballon laat speel nie. Dit is doodsgevaarlik!

 

005 ballon

Die gevreesde ballon

 

Moenie die by se angel met jou duim en voorvinger uittrek nie – so spuit jy die gif in die vleis in. Krap die angel uit met ‘n skerp mes of selfs jou mooi lang nael.

 

‘n Skerp voorwerp in die liggaam?  Moenie dit summier uittrek nie, maar kry so gou moontlik kundige mediese hulp.

 

Voorkoming is om te sorg dat jou hand nié by die stoof brand nie, maar gebeur dit wel, hou jou hand eerstens vir 20 minute in koue water. En vergeet van olie en botter en tandepasta aansmeersels.

 

Ons kan eintlik nie sonder elektrisiteit leef nie. Reg. Elektrisiteit is ook gevaarlik; dit kan jou lewe binne oomblikke neem.  Moenie aan iemand raak wat geskok word nie; gebruik ‘n houtvoorwerp om die persoon van die elektrisiteitsbron te skei.

 

Wanneer ‘n hoogspanningkabel van 22 000V op die grond lê – bly weg – die lading kan tot op 18 meter nog noodlottig wees.

 

Baie belangrik: Ken die telefoonnommers van alle nooddienste in jou omgewing.

 

001 pasient2

Marlene Wide en pasiënt Boudine Steenkamp

Post a comment

16 − 3 =