Voëlvlei leer meer oor die Paarl Skool.

 

Voëlvlei leer meer oor die Paarl Skool.

Posted by VLV in News, Voëlvlei Tak 03 Feb 2017

 

Sirkel: SWD

Tak: Voëlvlei

Portefeulje: Opvoeding en Kultuur

Beriggewer: Elize Locke

Datum: 2 Februarie 2017

 

Mnr Johan Basson, afgetrede skoolhoof van die Paarl Skool vir leerders met fisiese en verstandelike gestremdhede het die dames van VLV Voëlvlei in Gourtismond kom vertel van sy loopbaan van 19 jaar by die skool in Brackenfell.  Johan deel sukses verhale van leerders wat groot hoogtes bereik het ten spyte van hul gestremdheid asook van die hartseer om ‘n leerder aan die dood af te staan as gevolg van hul gestremdheid.  Hy verduidelik dmv die woord DEK:

 

D –      daar is hulp en ‘n plek (skool) vir kinders met gestremdheid wat nie in ‘n hoofstroomskool gehelp kan word nie. In die Wes Kaap is daar ‘n paar sulke skole nl., Paarlskool, Alta du Toit en Jan Krielskool waarheen  leeringe van Paarlskool gaan vir hulle Gr 12 jaar.

E –      empatie waarmee leerders behandel moet word (Dit moet nie met simpatie verwar word nie.)

K –      kommunikasie – hou gesprek te alle tye oop vanaf die skool en ook van die kant van die ouers.

 

Indien daar ouers is wat hulp en leiding nodig het met ‘n gestremde kind, is hul welkom om met  Paarlskool  in verbinding te tree.

 

“Die Kaalkopwaarheid oor die beswadderde aasvoël:

Aaaaaaaseblief moenie die stomme aasvoël so belaster nie

Hy doen maar net sy werk deur verrottende karkasse in die natuur te verwyder

En watter belangrike werk is dit nie?

Stomme ou aasvoël. Hy word oral beswadder, hy het selfs ‘n stink reputasie dat hy ‘n kinderdief sou wees!” (Mieliestronk) Reneé Zaayman (Landbou) deel inligting ivm die Swart Aasvoël wat hierdie jaar die VLVK se Voël van die jaar is.

 

Ada Gericke (Gesondheid) deel ‘n paar interessante feite oor die gesondheidswaardes van waatlemoene en Elmarie Engelbrecht (Kuns en handvlyt) omtower ‘n paar items in iets besonders met ou knope.

 

      Johan Basson en Mien Naudé

     

Knope kry ‘n nuwe baadjie

      Reneé Zaayman

 

Post a comment

18 + 10 =