Voëlvlei gaan op uitstappie

 

Voëlvlei gaan op uitstappie

Posted by VLV in Voëlvlei Tak 24 Mar 2015

Sirkel:  SWD

Tak:  Voëlvlei

Portefeulje:  Landbou en Tuinbou

Beriggewer:  Brenda VIljoen

Datum:  24 Maart 2015

 

29 Lede van die VLV Voëlvlei tak ontmoet mekaar by die Langeberg Mall vir ‘n dag wat nog lank onthou gaan word. Daar word oor en weer geklim om die motors vol te maak nie net om brandstof te bespaar nie, maar natuurlik ook om lugbesoedeling te verminder. In ‘n stoet van 8 motors pak die dames die pad aan na George. VLV Voëlvlei gaan op ‘n uitstappie!

 

Die eerste stop wat die dames gemaak het was by Tikketai in Pacaltsdorp.  Tot die groep se groot verbasing is daar aan elkeen ‘n wit kappie gegee om op te sit voor die perseel binnegetree mag word.

 

IMG_8795 (Custom)

 

 

IMG_8800 (Custom)

Hier wys vier van die VLV lede wat saam op die uitstappie gegaan het hulle wit kappies. Van links: Elmarie Engelbrecht, Linzetta Smit (agter), Johlene Muller (voor) en Mien Naude.

 

By Tikketai het Mnr. Willie du Toit die dames deur die hele proses gevat waardeer broccoli en blomkool gaan voor ons dit op die rak in die winkels kan koop. Van waar dit vars van die plase af in kom tot die verpakking en dan weer vervoer word na die verskeie winkels toe. Daar was geleentheid gegee vir die dames om te gaan voel hoe dit voel in ‘n koelkamer van +2°C waar die Broccoli en blomkool gestoor word. Die dames het maar weer vinnig daar uit gekom met arms vol hoendervleis. Tikketai het in 1996 begin en het sedertdien gegroei tot waar hulle vandag is. Hulle verskaf broccoli en blomkool aan van die land se grootste maatskappye soos Woolworths, Spar en markte reg oor Suid Afrika. Die naam Tikketai kom van ‘n fabel wat jare terug deur ‘n onderwyser vertel was aan die kinders. Tikketai was ‘n voël wat op die plaas gewoon het. Elke jaar het die dwergies van die area die voël gaan vang, opgesaal en met hom gevlieg oor al die plase in die distrik. Die dwergies het dan so die nuus versprei dat die tyd reg is om te plant. Tikketai was dus ‘n draer van goeie nuus.

 

IMG_8813 (Custom)

 

Aan die einde van die besoek aan Tikketai was daar aan elke dame n pakkie broccoli en ‘n pakkie blomkool gegee. Die vriendelikheid van die personeel het die besoek aan Tikketai net soveel meer spesiaal gemaak.

 

IMG_8810 (Custom)

 

Die volgende stop was by die George Kwekery.

 

IMG_8816 (Custom) (2)

 

Hier het Mnr. Alec Poyton die dames vertel hoe hulle die winter hulle tuin kleurvol kan hou. Soos julle weet is die winter nie ’n baie maklike tyd vir plante nie. Mnr. Poyton het pragtige voorbeelde gehad van bolle en struike tot gras wat die winter jou tuin kan laat uitstaan bo die bure se tuine. Die dames het baie vrae gehad en Mnr. Poyton het elkeen met soveel entoesiasme geantwoord. Hy het gehelp met ongewenste plante, fungi wat die tuin oorneem, mier en slak plae en soveel ander vrae wat die dames gehad het. Die interessantste was dat meeste van sy raad 100% natuurlik is. Van grondboontjiebotter etende miere tot bier drinkende slakke. Hy het die dames vertel van die skade wat gifstowwe aanrig, nie net aan plante nie, maar ook aan die mens. Na die praatjie sal die dames beslis twee keer dink voor hulle ‘n gifdoder gebruik. Hoekom dan gif as daar natuurlike oplossings is wat soms selfs beter werk as die skadelike gifstowwe wat die hele voedselketting beinvloed.

 

Na die praatjie is daar ‘n heerlike middagete geniet in die George Kwekery se restaurant. Teen die tyd was die dames al lekker honger en dors. Tydens middagete is die oggend se inligtingsessies bespreek en persoonlike opinies gedeel onder die dames, asook die maandelikse vergadering se verpligtinge is afgehandel. Na die heerlike uitstappie is almal met ‘n lied in die hart en vol planne huis toe.

 

IMG_8820 (Custom)

Post a comment

3 + 10 =