VLVK vorms 2018

 

VLVK vorms 2018

Posted by VLV in Announcements, From the Office 17 Jan 2018

Beriggewer: Marlene Erasmus

17 Januarie 2018

 

Alle vorms vir Kongreskompetisies, Leefstyl en Kunste en Handvlytwenke en Kongresregistrasie vir 2018 is op die Webwerf beskikbaar onder Downloads.

Vorms onder Downloads verskyn in alfabetiese volgorde en begin dus met ‘n klomp ou vorms. Al hierdie nuwe vorms is op bladsy 8. Jy kan ook net  2018 of 2019 in die soek-blokkie intik en dan sal jy by die vorms uitkom.

Ek is jammer vir die ongerief, maar dit is ongelukkig hoe dit op die oomblik werk. Ek het reeds vir die persoon wat die Webwerf bestuur gevra om dit te verander, maar dit het nou ongelukkig nog nie gebeur nie.

Indien jy enige probleme het om ‘n vorm af te laai, kontak my en ek kan die vorm direk vir jou e-pos.

 

Mag julle almal ‘n wonderlike 2018 hê.

 

 

 

  • Martie Flemming+- January 28, 2018 at 5:03 pm / Reply

    Goeiedag
    Ek sukkel so bietjie met die download van die vorms, en is nie heeltemal seker watter ek moet download nie. Kan u asseblief dit vir my e-poa.
    Nuwe voorsitter onkunde….ekskuus….sal nog leer.

    Baie dankie
    Martie Flemming
    Warrenton Tak

Post a comment

fourteen − 2 =