VLVK Tienerkok

 

VLVK Tienerkok

Posted by VLV in Announcements, Tienerkok 2012 19 Jul 2012

Rudolph en sy span takbokke het ‘n skrale 4 maande gelede vir kersvader deur Despatch gesleep, maar Kersfees (nes die kat!) het vanjaar sommer weer gekom, want op ‘n soel Aprilaand, was almal weer onder die kersboom vergader vir VLVK se Tienerkok 2012.

Die tema vir vanjaar se VLVK Tienerkok was ‘n Oukersaandete vir twee, maar soos dit nou maar eenmaal in die seisoen van oorvloed gaan, was daar sommer baie meer as net 2 gaste aan tafel tydens dié spoggeleentheid in die saal van Hoërskool Despatch.

Beoordelaars Sonja Spies, May Krugel en Grace du Preez het elk ‘n volle 12 gange moes deurwerk om die 4 finaliste se voor-, hoof- en nageregte te kon beoordeel. Hulle was vol lof vir die hoë standaard, fyn afronding en kulinêre vaardighede van Alretha, Hilmari, Izak en Maryke.

Die Tienerkok 2012 was in die woorde van VLVK President, Erika Lubbe, “uitstekend, treffend, stylvol en met grasie aangebied. Die spyskaarte, die kaartjies, die saal, die dekor, die aanbieding, die program, die kos en alles was uit die boonste rakke.”

VLVK en Sirkel Middelland is baie dankbaar teenoor die volgende borge:

• Angelic Wonders
• CMW – John Melville
• Deli Spices Eastern Cape (pty) Ltd
• Flower & Gift Shop
• Heinz In Style
• Hoërskool Despatch
• H/skool Despatch Ondersteunersklub
• Ina Rossouw – IPC
• Marina Seesout
• Morningfresh
• Pioneer Foods – Annelise Fourie
• Sarie
• Sirkel Middelland takke: Acqua, Alexandria, Despatch, Graaff-Reinet, Hanekam,  Hercula, Rocklands, Steytlerville
• SPAR Despatch – Paul Barnes
• VLVK
• Westfalia

image.axd-30 image.axd-29

Bestanddele, bestanddele, bestanddele. . . in die Spar Despatch.

Bestanddele, bestanddele, bestanddele. . . in die Spar Despatch.

image.axd-27

Izak (H/S Piketberg), Hilmari (H/S Duineveld), Maryke (H/S Despatch) en Alretha (H/S Burgersdorp), uitgevat in hulle VLVK voorskote en gereed vir aksie!

Izak (H/S Piketberg), Hilmari (H/S Duineveld), Maryke (H/S Despatch) en Alretha (H/S Burgersdorp), uitgevat in hulle VLVK voorskote en gereed vir aksie!

image.axd-25 image.axd-24 image.axd-23 image.axd-22

May, Sonja en Grace - laat die beoordeling begin. . .

May, Sonja en Grace – laat die beoordeling begin. . .

 . . . want daar's 'n trofee, sertifikaat en lieflike pryse op die spel.

. . . want daar’s ‘n trofee, sertifikaat en lieflike pryse op die spel.

image.axd-19 image.axd-18 image.axd-17 image.axd-16 image.axd-15 image.axd-14

Lynette Martin, Sirkelpresident Middelland, Magdie de Kock - gasspreker van Westfalia en Erika Lubbe, VLVK President.

Lynette Martin, Sirkelpresident Middelland, Magdie de Kock – gasspreker van Westfalia en Erika Lubbe, VLVK President.

image.axd-12

Lynette, Erike en skoolhoof Colin Bartle, saam met die verantwoordelike leerkrag (en voorsitter van VLV Hanekam) Lynette Thirion.

Lynette, Erike en skoolhoof Colin Bartle, saam met die verantwoordelike leerkrag (en voorsitter van VLV Hanekam) Lynette Thirion.

image.axd-10

Die finaliste en hul trotse ouers.

Die finaliste en hul trotse ouers.

image.axd-8

VLVK Tienerkok 2012, Maryke Ackerman, saam met Lynette Martin en haar baie trotse skoolhoof, Colin Bartle.

VLVK Tienerkok 2012, Maryke Ackerman, saam met Lynette Martin en haar baie trotse skoolhoof, Colin Bartle.

Post a comment

3 × five =