VLVK Tienerkok 2012

 

VLVK Tienerkok 2012

Posted by VLV in Announcements, Tienerkok 2012 18 Mar 2012

Op 20 April 2012 sal vyf jong mense hul kulinêre vaardighede tot die uiterste inspan, wanneer daar meegeding word om die prestige titel VLVK Tienerkok 2012.

 

Danelle Human en Hilmari de Vries, beide leerders aan Hoërskool Duineveld, Alretha Nel van Hoërskool  Burgersdorp, Hoërskool Despatch se Maryke Ackerman en Izak Coetzee, leerder van Hoërskool Piketberg is so pas aangewys as die 5 finaliste in vanjaar se Tienerkok kompetisie. 

 

Die tema is ‘n Oukersaandete vir twee en hulle sal ook op hul interpretasie van die tema beoordeel word. Dit is benewens die oorspronklikheid van hul resepte, kreatiewe gebruik van produkte en samestelling van die spyskaart. Die beoordelaars vir die geleentheid is Sonja Spies (PE Kollege), Joel Malkinson (sjef en restaurateur Wicker Woods/Mangiamo) en May Krugel (Westfalia Bemarker).

 

Sirkel Middelland tree as gasvrou op vir die gala-geleentheid. Dit vind plaas in die saal van Hoërskool Despatch in die gelyknamige dorp op die suidoewer van die Swartkopsrivier, tussen PE en Uitenhage.

 

Die aand van die 20ste, waartydens die VLVK Tienerkok 2012 aangewys sal word, beloof om ‘n spoggerige geleentheid te wees. Garingbome en ‘n room en wit kleurskema met goue aksente sal sorg vir ‘n Oukersaand-ervaring vol Afrika sjiek. Magdie de Kock van Westfalia is gasspreker tydens die geleentheid en Marelize Booyens en Alfred Felkers sal volgens die tema, gaste vermaak met Kersliedere. ‘n Fynproewersete, om te pas by die kosfinesse van die finaliste, sal bedien word.

 

Koste van kaartjies om die geleentheid by te woon is R150.00 p.p. Besprekings by Hester Nienaber, anienaber@mweb.co.za, 083 671 9621.

Post a comment

3 × one =