VLVK se 85ste feesviering

 

VLVK se 85ste feesviering

Posted by VLV in Announcements, Gebeurlikhede 17 Feb 2014

VLVK het op 6 Februarie 2014 hul 85ste herdenking op luisterryke wyse te Eensgezind Trou- en Konferensievenue, 20 km  buite Durbanville, gevier.

Nadat die VLVK-Armoedeprojekte op 7 Februarie, die dag na die spogtee te Eensgezind, afgehandel is, het die VLVK-president, mev. Erika Lubbe, namens VLV-Kaapland 'n bos proteas op die Stigterspresident, mev. Jossie Ackermann, se graf in die Franschhoek-begraafplaas geplaas. Sy is vergesel deur mev. Marinda du Toit, Visepresident van Sirkel Tygerberg, mev. Caro Ekermans, Sirkelpresident van Sirkel Tygerberg en mev. Karien van Schalkwyk, die VLVK-visepresident.

Nadat die VLVK-Armoedeprojekte op 7 Februarie, die dag na die spogtee te Eensgezind, afgehandel is, het die VLVK-president, mev. Erika Lubbe, namens VLV-Kaapland ‘n bos proteas op die Stigterspresident, mev. Jossie Ackermann, se graf in die Franschhoek-begraafplaas geplaas. Sy is vergesel deur mev. Marinda du Toit, Visepresident van Sirkel Tygerberg, mev. Caro Ekermans, Sirkelpresident van Sirkel Tygerberg en mev. Karien van Schalkwyk, die VLVK-visepresident.

image.axd-58

V.l.n.r. Mev. Elmarie Human (Sirkelsekretaris: Sirkel Tygerberg); mev. Karien van Schalkwyk (VLVK-visepresident); mev. Erika Lubbe (VLVK-president); mev. Caro Ekermans (Sirkelpresident: Sirkel Tygerberg); mev. Margaret Olivier, Maatskaplike werker: Ruyterwacht Gemeenskap) en Marinda du Toit (Visesirkelpresident: Sirkel Tygerberg). Mnr. Jannie Bester het die Evaprojek se skenkings wat damesonderklere, papierdoeke en persoonlike items bevat het, ook netjies verpak in kartonne, na die maatskaplike werker, Margaret Olivier, vervoer.

V.l.n.r. Mev. Elmarie Human (Sirkelsekretaris: Sirkel Tygerberg); mev. Karien van Schalkwyk (VLVK-visepresident); mev. Erika Lubbe (VLVK-president); mev. Caro Ekermans (Sirkelpresident: Sirkel Tygerberg); mev. Margaret Olivier, Maatskaplike werker: Ruyterwacht Gemeenskap) en Marinda du Toit (Visesirkelpresident: Sirkel Tygerberg). Mnr. Jannie Bester het die Evaprojek se skenkings wat damesonderklere, papierdoeke en persoonlike items bevat het, ook netjies verpak in kartonne, na die maatskaplike werker, Margaret Olivier, vervoer.

V.l.n.r. Mev. Caro Ekermans, (Sirkelpresident: Sirkel Tygerberg); dr. Pieter Ekermans - wat die boeke heen-en-weer moes vervoer;  mev. Maretha Bester (Voorsitter VLV Parow) en mnr. Jannie Bester.

V.l.n.r. Mev. Caro Ekermans, (Sirkelpresident: Sirkel Tygerberg); dr. Pieter Ekermans – wat die boeke heen-en-weer moes vervoer; mev. Maretha Bester (Voorsitter VLV Parow) en mnr. Jannie Bester.

Boekie- en Waslappieprojek. Sirkel Tygerberg het die skenkings wat Kongresafgevaardigdes na Kongres 2013 gebring het, sorteer, VLVK Gee Om-plakkers in die 1 077 boekies geplak, alles in splinternuwe kartonne verpak en in mev. Lettie van Wyk se huis gestoor totdat dit met mev. Caro Ekermans se voertuig na Laerskool Brückner de Villiers en 17 Phisantekraal bewaarskole geneem is vir die oorhandiging op 7 Februarie 2014.

Boekie- en Waslappieprojek. Sirkel Tygerberg het die skenkings wat Kongresafgevaardigdes na Kongres 2013 gebring het, sorteer, VLVK Gee Om-plakkers in die 1 077 boekies geplak, alles in splinternuwe kartonne verpak en in mev. Lettie van Wyk se huis gestoor totdat dit met mev. Caro Ekermans se voertuig na Laerskool Brückner de Villiers en 17 Phisantekraal bewaarskole geneem is vir die oorhandiging op 7 Februarie 2014.

Mev. Henriëtte Smit, VLVK-kompetisie Kursusaanbieder; mev. Ronella Rademeyer, VLVK-erepresident en Saamroeper van die VLVK-beoordelaarspaneel; mev. Elizabeth Cloete, lid van die VLVK-beoordelaarspaneel.   Op 7 Februarie, die dag na die VLVK-spogtee, het VLVK aandag gegee aan die VLVK- ARMOEDEPROJEK: VLVK RAAK HART EN HANDE by name die Evaprojek en  oekie- en Waslappieprojek.

Mev. Henriëtte Smit, VLVK-kompetisie Kursusaanbieder; mev. Ronella Rademeyer, VLVK-erepresident en Saamroeper van die VLVK-beoordelaarspaneel; mev. Elizabeth Cloete, lid van die VLVK-beoordelaarspaneel.
Op 7 Februarie, die dag na die VLVK-spogtee, het VLVK aandag gegee aan die VLVK- ARMOEDEPROJEK: VLVK RAAK HART EN HANDE by name die Evaprojek en oekie- en Waslappieprojek.

Porchia Adams, Korporatiewe Kommunikasiebestuurder van Agri Wes-Kaap, Hermien van Zyl, Sirkelpresident van Sirkel Overberg, Lucia Dorfling, VLVK-verteenwoordiger by Agri Oos-Kaap, en Lorraine dut Toit, Visepresident van Sirkel Overberg, klink 'n glasie op VLVK se 85ste herdenking asook die VLV-Kaapland Roos.

Porchia Adams, Korporatiewe Kommunikasiebestuurder van Agri Wes-Kaap, Hermien van Zyl, Sirkelpresident van Sirkel Overberg, Lucia Dorfling, VLVK-verteenwoordiger by Agri Oos-Kaap, en Lorraine dut Toit, Visepresident van Sirkel Overberg, klink ‘n glasie op VLVK se 85ste herdenking asook die VLV-Kaapland Roos.

Die huidige VLVK-hoofbestuur.

Die huidige VLVK-hoofbestuur.

Mev. Ronella Rademeyer, 'n VLVK-erepresident en agste VLVK-president; mev. Erika Lubbe: huidige en tiende VLVK-president, en mev. Annatjie Oosthuizen, die vorige en negende VLVK-president. Mev. Margie Visagie, die ander VLVK-erepresident, was nie teenwoordig nie, omdat sy ongesteld is.

Mev. Ronella Rademeyer, ‘n VLVK-erepresident en agste VLVK-president; mev. Erika Lubbe: huidige en tiende VLVK-president, en mev. Annatjie Oosthuizen, die vorige en negende VLVK-president. Mev. Margie Visagie, die ander VLVK-erepresident, was nie teenwoordig nie, omdat sy ongesteld is.

Die VLVK-erepresident en Kurator van die VLVK-tekstielmuseum: mev. Ronelle Rademeyer, die vorige VLVK-president: mev. Annatjie Oosthuizen; 2 vorige VLVK-visepresidente: mevv. Muberna van der Merwe en Lydia Geldenhuys; vorige VLVK-hoofbestuurslede; mev. Erika Lubbe: huidige VLVK-president; VLVK-argivaris: mev. Louwna Hoving; VLVK-webmeester: mev. Natania Schmidt; Huis en Haard-koördineerder: mev. Lynette Martin, die huidige VLVK-hoofbestuur en die huidige VLVK-sekretaris, Marianna Jordan.

Die VLVK-erepresident en Kurator van die VLVK-tekstielmuseum: mev. Ronelle Rademeyer, die vorige VLVK-president: mev. Annatjie Oosthuizen; 2 vorige VLVK-visepresidente: mevv. Muberna van der Merwe en Lydia Geldenhuys; vorige VLVK-hoofbestuurslede; mev. Erika Lubbe: huidige VLVK-president; VLVK-argivaris: mev. Louwna Hoving; VLVK-webmeester: mev. Natania Schmidt; Huis en Haard-koördineerder: mev. Lynette Martin, die huidige VLVK-hoofbestuur en die huidige VLVK-sekretaris, Marianna Jordan.

Mev. Erika Lubbe, by 'n bos van die VLV-Kaapland Roos, klink 'n glasie met mev. Mariana Rabie, Bemarkingsbestuurder van Agri-Expo. Mev. Rabie het die heildronk op VLVK ingestel.

Mev. Erika Lubbe, by ‘n bos van die VLV-Kaapland Roos, klink ‘n glasie met mev. Mariana Rabie, Bemarkingsbestuurder van Agri-Expo. Mev. Rabie het die heildronk op VLVK ingestel.

Mev. Annatjie Oosthuizen, die vorige VLVK-president, klink 'n glasie op VLVK se 85ste verjaarsdagviering!

Mev. Annatjie Oosthuizen, die vorige VLVK-president, klink ‘n glasie op VLVK se 85ste verjaarsdagviering!

Johlene Muller, Sirkelpresident van Sirkel Suid Westelike Distrikte, oorhandig aan Andriëtte Norman 'n VLV- Kaapland Roos na haar optrede.

Johlene Muller, Sirkelpresident van Sirkel Suid Westelike Distrikte, oorhandig aan Andriëtte Norman ‘n VLV- Kaapland Roos na haar optrede.

Feesgangers van Sirkel Paarl en Sirkel Tygerberg geniet die verrigtinge.

Feesgangers van Sirkel Paarl en Sirkel Tygerberg geniet die verrigtinge.

image.axd-45 image.axd-44

Feesgangers geniet die sang van Andriëtte Norman terdeë en het lustig en vrolik meegedoen.

Feesgangers geniet die sang van Andriëtte Norman terdeë en het lustig en vrolik meegedoen.

image.axd-42

Magdie de Kock, spreker en verteenwoordiger van Westfalia, oorhandig aan Erika Lubbe 'n geskenk van dank vir VLVK se ondersteuning.

Magdie de Kock, spreker en verteenwoordiger van Westfalia, oorhandig aan Erika Lubbe ‘n geskenk van dank vir VLVK se ondersteuning.

Die verjaarsdagkoek, deur die Eensgezind-kombuis gebak en voorgesit, het bestaan uit rooi fluweelkoek kolwyntjies versier met meringue en roosblare.

Die verjaarsdagkoek, deur die Eensgezind-kombuis gebak en voorgesit, het bestaan uit rooi fluweelkoek kolwyntjies versier met meringue en roosblare.

Erika Lubbe, VLVK-president, oorhandig aan VLV-lid, mev. Martie Jordaan, 'n bossie VLV-Kaapland Rose as gelukwensing met haar 85ste herdenking saam met VLVK.

Erika Lubbe, VLVK-president, oorhandig aan VLV-lid, mev. Martie Jordaan, ‘n bossie VLV-Kaapland Rose as gelukwensing met haar 85ste herdenking saam met VLVK.

Nog pragtige bra-skeppings deur die lede self gemaak.

Nog pragtige bra-skeppings deur die lede self gemaak.

image.axd-37

Huis en Haard-koördineerder, mev. Lynette Martin oorhandig aan mnr. Ludwig Taschner ‘n VLVK-geskenkpak.

Huis en Haard-koördineerder, mev. Lynette Martin oorhandig aan mnr. Ludwig Taschner ‘n VLVK-geskenkpak.

Die doop en die amptelike oorhandiging van die VLV-Kaapland Roos. Erika Lubbe, VLVK-president, gee die VLV-Kaapland Roos, amptelik sy wettige naam terwyl Ludwig Taschner 'n bos van die rose met pienk vonkelwyn besprinkel. Ludwig Taschner het spesiaal die VLV-Kaapland Roos vir VLVK se 85ste herdenking gekweek. Daar is reeds al meer as 1 000 plante van die roos verkoop. Die roos kan deur die VLVK-hoofkantoor bestel word, is beskikbaar by Ludwig se roosplaas - Ludwig's Roses, noord van Pretoria, en ook by die Winelands Kwekery naby Stellenbosch of vra u plaaslike kwekery om die roos vir u te bestel.

Die doop en die amptelike oorhandiging van die VLV-Kaapland Roos. Erika Lubbe, VLVK-president, gee die VLV-Kaapland Roos, amptelik sy wettige naam terwyl Ludwig Taschner ‘n bos van die rose met pienk vonkelwyn besprinkel.
Ludwig Taschner het spesiaal die VLV-Kaapland Roos vir VLVK se 85ste herdenking gekweek. Daar is reeds al meer as 1 000 plante van die roos verkoop. Die roos kan deur die VLVK-hoofkantoor bestel word, is beskikbaar by Ludwig se roosplaas – Ludwig’s Roses, noord van Pretoria, en ook by die Winelands Kwekery naby Stellenbosch of vra u plaaslike kwekery om die roos vir u te bestel.

Sharon Terblanche, VLV-lid van VLV Durbanville, Sirkel Tygerberg, en mede-eienaar van Dairy Exchange, wat al die lemoensap vir die funksie geborg het, saam met Ludwig Taschner.

Sharon Terblanche, VLV-lid van VLV Durbanville, Sirkel Tygerberg, en mede-eienaar van Dairy Exchange, wat al die lemoensap vir die funksie geborg het, saam met Ludwig Taschner.

Feestelike verversings uit die hoogste rakke, deur die Eensgezind-kombuis voorgesit, is deur die feesgangers geniet.

Feestelike verversings uit die hoogste rakke, deur die Eensgezind-kombuis voorgesit, is deur die feesgangers geniet.

image.axd-32 image.axd-31 image.axd-30 image.axd-29 image.axd-28 image.axd-27 image.axd-26 image.axd-25 image.axd-24 image.axd-23 image.axd-22 image.axd-21 image.axd-20 image.axd-19 image.axd-18 image.axd-17 image.axd-16 image.axd-15

Erika Lubbe, VLVK-president oorhandig namens VLVK aan die rooskweker, Ludwig Taschner, 'n oorkonde as erkenning, gelukwensing en dank as wêreldbekende rooskweker van formaat. Ludwig Taschner het die totale roosgeskiedenis verander deur rose in houers te begin plant en sodoende rose dwarsdeur die jaar beskikbaar gemaak. Rose was eers net eenmaal per jaar in die winter as blaarlose, gesnoeide stokke beskikbaar. Die treffende oorkonde is deur die VLVK-webmeester, Natania Schmidt, gemaak.

Erika Lubbe, VLVK-president oorhandig namens VLVK aan die rooskweker, Ludwig Taschner, ‘n oorkonde as erkenning, gelukwensing en dank as wêreldbekende rooskweker van formaat. Ludwig Taschner het die totale roosgeskiedenis verander deur rose in houers te begin plant en sodoende rose dwarsdeur die jaar beskikbaar gemaak. Rose was eers net eenmaal per jaar in die winter as blaarlose, gesnoeide stokke beskikbaar. Die treffende oorkonde is deur die VLVK-webmeester, Natania Schmidt, gemaak.

image.axd-13

Mev. Ronella Rademeyer, VLVK-erepresident, het 'n treffende oorsig  oor 85 Goue Jare van VLVK gegee.

Mev. Ronella Rademeyer, VLVK-erepresident, het ‘n treffende oorsig oor 85 Goue Jare van VLVK gegee.

Ludwig Taschner met die VLV Kaapland Roos, Westfalia met die verskillende geure avokado-olie, VLVK met die VLVK-resepteboek, KONTREIKOS PLUS, en die geborduurde gedenkskinkbordlap vir die 85ste herdenking , Sirkel Tygerberg en Sirkel Middelland met stalletjies met 'n verskeidenheid produkte te kus en te keur wat baie goed ondersteun is.

Ludwig Taschner met die VLV Kaapland Roos, Westfalia met die verskillende geure avokado-olie, VLVK met die VLVK-resepteboek, KONTREIKOS PLUS, en die geborduurde gedenkskinkbordlap vir die 85ste herdenking , Sirkel Tygerberg en Sirkel Middelland met stalletjies met ‘n verskeidenheid produkte te kus en te keur wat baie goed ondersteun is.

Erika Lubbe, VLVK-president; Magdie de Kock, verteenwoordiger en spreker van Westfalia; Wilna Nel, Sirkelpresident, Noordwes-Kaap.

Erika Lubbe, VLVK-president; Magdie de Kock, verteenwoordiger en spreker van Westfalia; Wilna Nel, Sirkelpresident, Noordwes-Kaap.

Die VLVK-projek: Bra's and Beads, wat die klem op borskanker laat val, het tydens die funksie sy hoogtepunt bereik met  pragtige uitstallings oral in die lokaal. Hierdie bra's is deur VLVK-lede self ontwerp en borduur. Lynette Martin, Sirkelpresident van Sirkel Middelland wat self  van die bra's borduur het, het die projek onder haar vlerk geneem, klasse en werkswinkels aangebied, die koördinering gedoen en die totale uitstalling tydens die funksie behartig.

Die VLVK-projek: Bra’s and Beads, wat die klem op borskanker laat val, het tydens die funksie sy hoogtepunt bereik met pragtige uitstallings oral in die lokaal. Hierdie bra’s is deur VLVK-lede self ontwerp en borduur. Lynette Martin, Sirkelpresident van Sirkel Middelland wat self van die bra’s borduur het, het die projek onder haar vlerk geneem, klasse en werkswinkels aangebied, die koördinering gedoen en die totale uitstalling tydens die funksie behartig.

image.axd-8

Almal is met 'n fris en vars drankie van lemoen- en granaatsap verwelkom. Die pragtige blomme was alles die handewerk van Johlene Muller, Sirkelpresident van SWD, Rita Schutte van Sirkel Tygerberg en Hermien van Zyl, Sirkelpresident van Sirkel Overberg.

Almal is met ‘n fris en vars drankie van lemoen- en granaatsap verwelkom.
Die pragtige blomme was alles die handewerk van Johlene Muller, Sirkelpresident van SWD, Rita Schutte van Sirkel Tygerberg en Hermien van Zyl, Sirkelpresident van Sirkel Overberg.

Die tafels was treffend en stylvol met wit en pienk kerse in silwer- en kristalkandelare, verskillende vorms glas vase en outydse koppies met pienk rose  versier.

Die tafels was treffend en stylvol met wit en pienk kerse in silwer- en kristalkandelare, verskillende vorms glas vase en outydse koppies met pienk rose versier.

image.axd-5 image.axd-4 image.axd-3

Die tafellyste gemaak deur Estelle du Plessis, Sirkelpresident van Sirkel Weskus, vir 310 feesgangers wat ook hulde gebring het aan al die voorgangers deurdat die vorige VLVK-president, mev. Annatjie Oosthuizen, 'n kers aangesteek het vir: die Stigterspresident - mev. Jossie Ackermann, die ander VLVK-presidente, VLVK-visepresidente, Hoofbestuur-, Sirkel- en Takbestuurslede, elke liewe VLVK-lid en Kantoorpersoneel wat die huidige lede voorafgegaan het!

Die tafellyste gemaak deur Estelle du Plessis, Sirkelpresident van Sirkel Weskus, vir 310 feesgangers wat ook hulde gebring het aan al die voorgangers deurdat die vorige VLVK-president, mev. Annatjie Oosthuizen, ‘n kers aangesteek het vir: die Stigterspresident – mev. Jossie Ackermann, die ander VLVK-presidente, VLVK-visepresidente, Hoofbestuur-, Sirkel- en Takbestuurslede, elke liewe VLVK-lid en Kantoorpersoneel wat die huidige lede voorafgegaan het!

VLVK-lede het van heinde en verre gekom om te deel in die feesvierings - tot sover as Reivilo in die Kalahari,  Kimberley en Distrik, Griekwaland-Wes, Port Elizabeth en omliggende dorpe, Namakwaland, Noordwes-Kaap, Suid-Westelike Distrikte, die Overbergstreek, Paarl en omliggende dorpe, die Suid-Karoo, die Suid-Ooskusstreek, die Weskus, Worcester en buurdorpe en natuurlik Kaapstad en die Tygerbergstreek.

VLVK-lede het van heinde en verre gekom om te deel in die feesvierings – tot sover as Reivilo in die Kalahari, Kimberley en Distrik, Griekwaland-Wes, Port Elizabeth en omliggende dorpe, Namakwaland, Noordwes-Kaap, Suid-Westelike Distrikte, die Overbergstreek, Paarl en omliggende dorpe, die Suid-Karoo, die Suid-Ooskusstreek, die Weskus, Worcester en buurdorpe en natuurlik Kaapstad en die Tygerbergstreek.

Post a comment

twenty + 7 =